Skreeusnaakste klug van alle tye, MY VROU SE MAN SE VROU kom KKNK toe

Die klugkonings van Suid-Afrika, Lefra Produksies, het besluit om die snaaksste klug van alle tye terug te bring verhoog toe, MY VROU SE MAN SE VROU.

Phillru van Achterbergh as John Smith

Laat John self vertel: “Ek is John Smith. Taxi= bestuurder. Ek is lief vir my werk. Maar die een ding waarvoor ek liewer is, is my vrou Mary. O ja… en my vrou Barbara. Ja, ek het twee vrouens. Alles het so goed gegaan, tot ek een aand! ‘n Hou teen die kop en ‘n ongeluk met my taxi en my skedules loop heel deurmekaar met Mary en Barbara! Gaan hulle van mekaar uitvind?” Kom vind uit by die Springs Stadsteater op 12 en 13 Maart.

MY VROU SE MAN SE VROU spog met ‘n sterbelaaide rolverdeling: Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Marissa Claasen, Juanita Mardon, Thiart Li, Stefan Vermaak en Etienne du Plessis. Die regie word waargeneem deur Frans Swart. Kom skaterlag vir MY VROU SE MAN SE VROU!

KKNK – Oudtshoorn
kykNET Hoërskoolsaal
25-29 Maart (Elke oggend om 09:30)
Bespreek by Computicket 0861 915 8000. Groepe: 0118153000

Bespreek Hier

Share Button