Raadslid Marchell Kleynhans, Portefeuljeraadslid vir Gemeenskapsontwikkeling en Landelike Gebiede asook Wyksraadslid in Uniondale en omgewing (wyk 25) het as deel van die R100 000 Wyksgebasseerde Projekte hulp verleen aan skole.

Die wyksraadslid en wykskomitee besluit saam oor die besteding van die R100 000 wat aan elke wyk toegeken word. Hulle het Eseljaght Primêr van skryfbehoeftes en ‘n afrolmasjien voorsien.
Graad 1 en 2 leerders is ook van skoolklere en skoene voorsien.
Daar is ongeveer 60 kinders by die skool met twee onderwysers.
Die skenking het ten doel om die minderbevoorregte leerders in landelike gebiede van hulp te wees.







