
Michaela Andrews, ‘n leerder aan die Laerskool Saturnus op Oudtshoorn was een van die Wes-Kaapse krieketspan se groot uitblinkers tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Spele wat in Polokwane plaasgevind het. Sy het tydens die toernooi wat volgens die Twintig20 formaat beslis is 19 paaltjies ingeoes en 111 lopies geslaan. Sy het twee keer meer lopies en paaltjies as enige ander speler in Wes-Kaap-span behaal.
Verder het sy teen die drie top spanne,Gauteng,KwaZulu-Natalen Noordwes 93 van 111 lopies gemoker. Andrews, wat maar slegs 0/13 is, het aan ‘n toernooi vir O/16 spanne deelgeneem.







