Opgradering van die Oudtshoorn vliegveld se infrastruktuur

Oudtshoorn, 02 Oktober 2019 – Oudtshoorn munisipaliteit is besig met die opgradering van die Oudtshoorn vliegveld se infrastruktuur deur die ou ligte langs die vliegveld te vervang met moderne LED ligte.

Rdl Colan Sylvester: Uitvoerende Burgemeester, Gregory Baartman: Bestuurder LED, Chris Slabber: Onder voorsitter AeroClub, Reginald Smit: Waarnemende Munisipale Bestuurder

Die Weskaapse Regering het R1,4 miljoen beskikbaar gestel vir installering van die ligte en die munisipaliteit befonds die herseël van aanloopbaan.

Die eerste fase herstelwerk aan die aanloopbaan ligte het Dinsdag, 01 Oktober 2019, begin. Die herstelwerk is genoodsaak nadat die elektriese kabels van die ligte by verskeie geleenthede in 2018 en vanjaar deur kabeldiewe gesteel was. 

“Die afwesigheid van aanloopbaanligte en die onvermoeë om noodvlugte van AMS (Air Medical Services) en NET CARE 911 na ure en in die nag te doen,  laat n groot leemte in die doeltreffenheid van die noodbystand wat die Oudtshoorn Aero Club moet lewer” het uitvoerende burgemeester, rdl Colan Sylvester, gesê toe hy gaan kyk hoe vêr die werksaamhede is op die vliegveld. Die Aeroclub is veronderstel om n 24 uur, 7 dae ‘n week diens aan die omliggende dorpe te lewer, en effektiwiteit en doeltreffendheid is van kardinale belang.

Die installering van die ligte word gedoen deur VE Reticulation van Mosselbaai wie `n wye ondervinding het van hierdie soort werk.

Die projek sal teen die einde  Oktober 2019 voltooi wees.

Foto: Gregory Baartman: Bestuurder LED, Rdl Colan Sylvester: Uitvoerende Burgemeester, Chris Slabber: Onder voorsitter AeroClub, Reginald Smit: Waarnemende Munisipale Bestuurder

 

Foto 2: 

Share Button