Luigi stel nuwe boek vry

Hier is my getuie van my lewe in my nuwe boek vrystelling (n’ Wandel met die Here – Persoonlike ondervinding met God) en wat dit behels het vir iemand wat op hom eie moes werk maak aan sy droom.

Ek het by my elkel moeder en groot ouers groot geword. My ma het n seenewee ineenstorting gehad terwyl sy Skoopopleiding aangebied het vir learskool leerlinge in 1985 plus – minus. Ek het my pa geken toe ek nog baie klein was en het nie regtig in my vroeer opgroei van hom gehoor of kennis gedra nie want daardie informasie was maar van my af weg gehou, ek neem aan omdat hulle my wou beskerm teen seer kry. Soos ek our geword het het ek stelselmaatig my pa se ander kinders ontmoet wat hy by sy getroude vrou verwek het. Van die kinders het ook oin n’ motor ongeluk gesterf, maar ek het so noue verhouding met hulle gehad nie soos nou nie.

Terwyl my ouma geleef het, het my ma n’ kerel ontmoet wat baie mishandelend teenoor my was en het altyd waneer hy onder die invloed van drank was, gevra “Wie is jou pa?” dan het ek noodgedwonge gese hy is. Ek met my innerlike soeke na n’ vader figuur het maar dit aanvaar , want enminste het ek daarem iemand gehad wat my aanvaar as sy seun.

Self vriendsappe wat ek gehad het het my baie naame genoem en geboellie oor ek was nes n’ meisie (so het hulle dit getsel). Ek was telkemaale ook op die hof vir ged wat ek nie eens gepleeg het nie weens verkeerde invloed wat die duiwel op my pad geloods het om my te vernietig. Hierdie tipe van dinge het my oopgestel vir allerhande verkeerde dwelm middels, soos bv. dagga, wyn en seksueele losbandigheid.

Ek was ook beskuldig van dat ek n’ pa van n’ kind is wat n’ dame verwag het, maar toe die regte boodskap uit kom het dit voorgekom dat dit nie my kind is nie. Gd was nog altyd goed bvir my al was ek nie by Hom nie. IN my tiener jaare het ek in n’ musikaale band betrokke geraak waar ek baie met vroumense , alkohol en partytjies te doen gekry het. Losbandigheid was aan die orde van die dag en daarom kan ek met jong mense gesles en se dat dit mors net n’ persoon se lewe op. My familie het my ook beginne verwerp oor ek hulle seer gemaak het mety baie dinge wat ek gedoen en gese het aan hulle waneer ek met hierdie dinge besig was. Ja ek het ook gesorg vir my familie.

God kom op my pad deur n’ geredde broeder in Christus en ek gee my lewe vir die Here Jesus Christus op einde 2004 voor nuwe jaarsdag.

Daarde aand was ek onder die invloed van alkohol. Sederdien was dit nie maklik vir my om staande te bly nie want ek het ook baie geval en opgestaan. Om eerlik te wees was dit agt in getal. God se genade is
groot oor n’ persoon. Daardeur leer ek dat Sy genade is regtig genoeg want wie weet wat hulle sal besluit waneer die versoekings van die lewe kom, self die Apostel Paulus het genoem dat hy nie weet wat hy sal kies nie maar een ding is hy van verseker hy sal Christus kies. My lewe se getuienis is baie openbaarlik omdat ek het al verskeie mense se woonings gebly soms sonder geld omdat hulle net goeie mense was maar ek moes ook maar daardie tipe mishandelings aanvaar vir iemand wat ut n christelike huis uitkom. Op straat het ek gebedel om aan die lewe te bly want ek konie regtig werk nie want ek het na skool in n’
kabaret opgetree wat n’ kanna gewen het by die KKNK Oudtshoorn 2001.

Hierdie ervaaring was n’ eertse vir my in die kunste wereld in op n’ deurbraak vlak. Daarna het ek nie eens meer geworry met sang totdat ek geestelik sterk geword het nie.

My getuie oor my loopbaan is dat ek het al baie toekenings verower in my lewe soos bv, kknk kanna, Roterier club eerste prys, Heilige Evangeliese kerk dans sertifikaat, Musiek film geborg deur kynet, Top 40 verhoog met bekede kunstenaars in 2014 kknk, Onderhoude op radio soos bv, Bushradio, ccfm, Rsg, Eden fm, Emd fm, Heartbeat fm en veele meer. Veele koerant berigte oor my Afrikaanse geestelike rymklets album. Het by verskeie kerk funksies opgetree en ook lewendige uitsendings op radio. My digitaale verspreiding wereld wyd het in 2015 begin. My God lewe. Daar is so baie om te se ek weet nie eens wat om vereder vir u te skryf nie, maar wat ek wel kan se is dat God jou nooit aleen laat nie al dink ander mense so. Hy was saam met my in die goeie en in die slegte tye waarvan ek meeste van die tye dit self geskep het. Ons veroorsaak soms self ons eie ondergang deur ons woorde en optreede teenoor hoe ons reageer in die alledaagse lewe. Ek hoop dat iemand hierdeur geinspireer sal word.

Luigi

078 756 4356

http://www.facebook.com/luigiapril
http://www.youtube.com/luigiapril7

Share Button