Grootkop stortingsterrein omheining

Oudtshoorn, 24 April 2019 – Op Woensdag, 27 Maart 2019, het Hyman Kontrakteur, tesame met drie plaaslike kontrakteurs, begin met ‘n industriӫle beton omheining by Grootkop stortingsterrein.

Hierdie omheining sal 2.2 km lank wees en die projek sal binne die volgende paar maande voltooi wees. Die projek word befonds deur Munisipale Infrastruktuur Toekenning (MIG) en ongeveer 20 plaaslike inwoners word finansieӫl bevoordeel.

Volgens Rodwell Witbooi, Bestuurer: Soliede Afval, word strategiese en volhoubare stappe onderneem om te verseker die terrein voldoen aan die wetlike vereistes.  Die stortingsterrein is ten volle operasioneel en word voortdurend gerehabiliteer.

“Ons handhaaf ‘n geïntegreerde werksverhouding met belanghebbende groepe en regeringsfere om te verseker daar word voorsien aan die behoeftes van die breӫ gemeenskap in die Groter Oudtshoorn. Grootskaalse pojekte sal verder volg waarby ‘n gunstige omgewing geskep sal word vir informele herwinbare materiaal sorteerders om dus herwinning op die terrein op ‘n higiӫniese en veilige werkswyse aan te pak.”

Share Button