Lefra se nuwe klug, MY OOM SE VROU SE PLEKKIE premiere by vanjaar se KKNK!

21-26 Maart 2019: MY OOM SE VROU SE PLEKKIE speel af in die baie elegante dakwoonstel van Phillip en Joanna. Phillip is `n baie eerbare kinderboekuitgewer en deel `n kantoor met sy vennoot, Henry, op die grondvloer van dieselfde gebou.

Phillip stem teen sy sin in dat Henry die woonstel een aand leen om sy jongste vriendin te trakteer.

Terselfdertyd word Joanna deur Linda, Henry se vrou, oortuig om dieselfde woonstel vir haar te leen sodat sy haar jongste minnaar kan onthaal.

Maar wat niemand weet nie, is dat die binnehuisversierder, wat die afgelope drie maande aan die woonstel gewerk het, besluit het om vir die au pair, Meisie, die nuwe, ronde bed te wys.

En ja, dit alles gebeur op dieselfde aand!

Dan begin die poppe dans – letterlik en figuurlik. En ook in die tradisionele klug-styl van Lefra!

Bespreek hier.

Share Button