Oudtshoorn, 30 Oktober 2018 – In Augustus 2018 het Oudtshoorn munisipaliteit ‘n advertensie geplaas waar werklose of afgetrede loodgieters uitgenooi was om hulle te registreer op die munisipale databasis.
Die rede vir hierdie uitnodigings was om die “War on Leaks” veldtog af te skop om water te bespaar en die inwoners te help met enige lekkasies.
Die eerste fase van die veldtog is voltooi. Gedurende hierdie fase was agt loodgieters aangestel vanaf 19 September 2018 tot 05 Oktober 2018 om moontlike lekkasies in deernis huishoudings te ondersoek en om vas te stel watter materiaal is nodig om die lekkasies op te los. Die tweede fase sal op 05 November 2018 begin waar die nodige herstelwerk gedoen sal word aan die huishoudings wat op die lys is.
Oudtshoorn munisipaliteit streef daarna om ‘n responsiewe munisipaliteit te wees wat geleenthede vir sy gemeenskap skep deur verskaffing van innoverende, effektiewe en doeltreffende dienste. Deur hierdie veldtog poog die munisipaliteit om ‘n helpende hand uit te reik wat vir beide die inwoners en die munisipaliteit voordelig kan wees.
Foto: Vlnr: Tommy Brown, Dimitri Faku, Denver Avontuur, Divan Likay, Floors Arries, Christopher Prins. Keith Muller, (inlas) Michael Bevis








