Oudtshoorn, 22 Desember 2015. – Die Administrateur van die Oudtshoorn Munisipaliteit, mnr Kam Chetty het besluit as ‘n gebaar van welwillendheid, om alle arm huishoudings wie geld verskuldig is aan die munispaliteit vir dienste sal vir die duur van die feestyd aangeskakel word.
Alle arm huishoudings wie se elektrisiteit tans geblokkeer is sal ‘n tydelike verligting kry, hul elektrisiteitstoevoer sal gedeblokkeerd word vanaf Dinsdag 22 Desember 2015 tot 5 Januarie 2016.
Nie-arm huishoudings wie se rekeninge nog nie betaal was op 10 Desember 2015, word aangemoedig om hul uitstaande rekeninge op datum te bring sodat hul elektrisiteit toevoer gedeblokkeer en heraangesluit word. Betalings kan gemaak word by enige van die volgende kanale: Shoprite, Checkers, Pick ‘n Pay, Pep Stores, Woolworths en Spar of elektroniese bank betaling.
Die Munisipaliteit het ‘n reëling met die personeel om verbruikers wie se rekening betaal is tydens die fees seisoen te deblokkeer en heraangesluit. Verbruikers word dus versoek om bewys van betaling by die Oudtshoorn Munisipale Beheerkamer in te dien wat geleë is by die kantore van die Eden Distriksmunisipaliteit in Voortrekkerweg.
Die Administrateur wil graag alle verantwoordelike verbruikers gelukwens wat hul rekeninge betyds betaal en verder alle huishoudings aanmoedig om voortdurend hul munisipale rekeninge te betaal voor of op die 10de van elke maand om goeie burgerskap te demonstreer.
Die Oudtshoorn Munisipaliteit kan gekontak word by (044) 203 3000/3121 vir enige noodgeval.
Einde
Uitgereik deur die Oudtshoorn Munisipale Kommukasie & Media Dienste Dinsdag 22 Desember 2015.








