Rassehaat in Oudtshoorn

AfriForum het vanoggend met skok kennis geneem van ’n Facebook-inskrywing van ’n bestuurder by die Oudtshoorn-munisipaliteit.

“… I will with no mercy cut their tongue [sic] out with a machete and I will enjoy to hear them begging for forgiveness …” skryf Vuyisa (Fourplay) Bhefile Ka Hlazo.

Hy skryf ook: “You know I can’t wait for the day the majority in this country would say ‘we have tolerated enough your white shit racist tendencies …’”.

“In die lig van die president en verskeie ander leiers se uitlatings die afgelope tyd waarin hulle witmense in die land tot kalmte maan en die versekering gee dat ons één nasie is waarin daar vir ons almal ’n plek is met ’n rol om te vervul, beskou AfriForum hierdie gewraakte inskrywing as ’n ernstige bedreiging vir die daarstel van eenheid en doeltreffende nasiebou in ons land,” het Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, gesê.

Vuyisa sluit sy inskrywing af deur te sê: “We have tolerated enough and I really dream about the coming of such a day and hour my ancestors will spare me to see such a day”.

Die uiters aggressiewe trant van die inskrywing vervul AfriForum met afsku en die organisasie gaan ’n klag by die SAPD indien.

Ná navrae aan die munisipaliteit is daar bevestig dat dit inderdaad Ka Hlazo se Facebook-blad is, maar daar is nie erken dat dit wel hy is wat die inskrywing gemaak het nie.

Daar is ook aan George Kersop, voorsitter van AfriForum se Oudtshoorn-tak, gesê dat Ka Hlazo na die kantoor van die administrateur ontbied is.

Skermgrepe van die FB-inskrywings (1)

Skermgrepe van die FB-inskrywings (2)

Share Button