Eerste huise in Uniondale-projek oorhandig

Die eerste twee skouhuise by die nuwe behuisingsprojek in Uniondale is Vrydag amptelik aan die twee nuwe eienaars deur die Uitvoerende Onderburgemeester van George, Rdl. Daniel Maritz, oorhandig.

Mev. Hilda Jack draai vir die eerste keer die kraan in haar nuwe tuiste oop. By haar is links,rdl. Henry Jones en  rdl. Daniel Maritz, Uitvoerender Onderburgemeester van George.

Rdl. Maritz het met die lintknip-seremonie spesifiek die span van Menslike Nedersettings, Grondsake en Beplanning, die raadslede betrokke in die proses asook die twee kontrakteurs betrokke, mnr. Andrew Burger van Golden Rewards en mnr. Randal Sauer van RK Sauer Construction bedank vir hul harde en goeie werk.

Mnr. Anthony Engelbrecht en sy vrou, Jane, sluit vir die eerste keer in hul lewens hul eie huis oop. Hulle is nou die bewoners van die tweede skouhuis op Uniondale.

Hy het gesê as ‘n mens in die gemeenskap rondbeweeg, ervaar jy die noodkreet vir behuising. “’n Huis beskerm teen wind en reën en is ook ‘n belegging,” het Maritz gesê.

Mev. Hilda Jack het emosioneel geraak gedurende die oorhandiging van die huis. By haar staan Rdl. Henry Jones (links) en die Uitvoerende Onderburgemeester van George, Rdl. Daniel Maritz.

Mev. Hilda Jack (58) wat al sedert 1997 op ‘n waglys is vir ‘n huis, was eerste in die lyn om haar nuwe huis te ontvang. Jack was emosioneel toe sy almal bedank het vir die huis, na jare van rondswerf. “Ek sal nooit my huis verkoop nie en hoop om dit vir my kinders agter te laat,” het sy gesê.

Mev. Hilda Jack het emosioneel geraak gedurende die oorhandiging van die huis. By haar staan Rdl. Henry Jones (links) en die Uitvoerende Onderburgemeester van George, Rdl. Daniel Maritz.
Mev. Hilda Jack het emosioneel geraak gedurende die oorhandiging van die huis. By haar staan Rdl. Henry Jones (links) en die Uitvoerende Onderburgemeester van George, Rdl. Daniel Maritz.

Mnr. Anthony Engelbrecht en sy vrou, Jane, is die begunstigdes van die tweede skouhuis. “Na 20 jaar het die Here my gebed verhoor, ek is baie dankbaar vir raadslid Kleynhans,” het mnr. Engelbrecht gesê.

Die Uitvoerende Onderburgemeester van George, Rdl. Daniel Maritz, knip die lint by die eerste huis wat oorhandig is by die nuwe Uniondale behuisingsprojek. By hom staan van links Rdl. Michael Nyakati, Rdl. Melvin Naik, portefeuljeraadslid vir Siviele Ingenieursdienste, Rdl. Marchell Kleynhans, wyksraadslid vir Uniondale en portefeuljeraadslid vir maatskaplike – en landelike ontwikkeling, Rdl. Henry Jones, portefeuljeraadslid vir Menslike Nedersettings,  Mev. Hilda Jack, wat die huis in ontvangs geneem het, en mnr. Steven Erasmus, direkteur: Menslike Nedersettings, Grondsake en Beplanning.

Mev. Engelbrecht het gesê sy is baie trots op haar huis en het ook die bouers bedank.

Mev. Hilda Jack sluit vir die eerste keer in haar lewe die deur van haar eie huis oop. Links staan Rdl. Henry Jones en regs kyk Rdl. Daniel Maritz toe.

Mnr. Steven Erasmus, direkteur: Menslike Nedersettings, Grondsake en Beplanning, het in sy toespraak gesê dié huis lyk baie beter as baie Gap-behuising wat hy al gesien het. Hy het gesê die standaard van die huis is puik.

Mev. Hilda Jack vertel emosioneel hoeveel jare sy al swerf voordat sy vandag haar eie huis ontvang het. Links staan Rdl. Daniel Maritz en Rdl. Henry Jones (regs).

“George Munisipaliteit het wegbeweeg daarvan om net ‘n huis te verskaf, maar wil voortaan kwaliteit huise verskaf. Ons deel vandag in Uniondale se opgewondenheid,” het hy gesê.

By die oorhandiging van die huis is van links Rdl. Marchell Kleynhans,  Mnr. Steven Erasmus, Rdl. Daniel Maritz, Uitvoerende Onderburgemeester van George, mev. Hilda Jack, die nuwe eienaar van die huis, Rdl. Henry Jones en die twee kontrakteurs, Mnr. Randal Sauer van RK Sauer Construction en mnr. Andrew Burger van Golden Rewards.

Die twee skouhuise ter waarde van R150 000 elk, is deel van ‘n EPHP (Enhance Peoples Housing Process) behuisingsprojek wat bestaan uit 183 huise. Skouhuise is gebou volgens die nuwe minimum norme en standaarde van die provinsiale departement van Menslike Nedersettings.

Rdl. Daniel Maritz, Onderburgemeester van George, knip die lint by die tweede skouhuis in die nuwe behuisingsprojek in Uniondale. By hom staan, die nuwe eienaars van die huis, mnr. Anthony Engelbrecht en sy vrou, Jane. Heel links staan  rdl. Henry Jones en rdl. Marchell Kleynhans en mnr. Steven Erasmus (heel regs).

Die bou van die twee tipes skouhuise is op 5 Mei 2014 begin en is op 6 Junie 2014 voltooi.

Die een tipe skouhuis is met sementblokstene en die ander met maksi-kleisteen gebou. Albei huise is geteel met ‘n drupbak by alle krane, 100 liter geyser en ‘n kombuiskassie met ‘n opwasbak. Die huis deur RK Sauer gebou het ook ‘n wastrog en ‘n buite- wasgoedlyn. Die huis deur Golden Rewards het ook geute en luggate met ‘n stortverlenging.

Die wonings bestaan uit twee slaapkamers, ‘n toilet met bad en gesigwasbak, ‘n oopplan leefarea met ‘n kombuis.

Share Button