Dit is amper tyd vir die vyfde Klein Karoo Klassique in Oudtshoorn, oor die langnaweek van Donderdag, 8 tot Sondag, 11 Augustus 2013. Hierby aangeheg is ‘n pdf-weergawe van die musiekprogram vir dié fees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn. Die program is ook tweetalig aanlyn by www.klassique.co.za beskikbaar. Meer inligting rondom ander aanbiedinge sal binnekort op die webblad beskikbaar wees. Kaartjies vir musiekuitvoerings kan nou reeds by enige Computicket of Shoprite/Checkers gekoop word.
It is almost time for the fifth Klein Karoo Klassique, during the long weekend of Thursday, 8 to Sunday 11 August 2013, in Oudtshoorn. Attached is a pdf version of the music programme for this festival of classical music, art, food and wine. The bilingual programme is available online at www.klassique.co.za. More information on other presentations will soon be available online. Tickets for music recitals are available at Computicket or Shoprite/Checkers.








