Jakkalsvlei Hemelrood Fun Run 14 November 2020

Hierdie jaar, soos met baie dinge, het die Jakkalsvlei Trail Run ‘n ommeswaai geneem.

Ons hou ‘n Fun Run ter insameling van fondse vir ‘n skooltjie wat op Herbertsdale begin, die Hemelrood Onderrigsentrum. Voorlopig gaan dit vir voorskool wees tot en met graad 3 en hoop vir groei tot graad 7.

Met in agneming van kinders en hul belangrikheid in ons gemeenskap en toekoms, fokus ons die 14de November op positiwiteit en kinderingesteldheid.

14 November is ook Wêreld Diabetes Dag en ons wil diabetes o.a. meer bewus maak onder kinders en hulle ingesteldheid van diabetes. Ons was deur Marilie van der Merwe, kinderboekskrywer en eienaar van LeesLisa Uitgewers, genader om deel te word van LeesLisa se Diabetes bewusmakings inisiatief. Marilie gaan die boek vrystelling van “Lukas die Leeu kry Leeu moed”, asook ‘n voorlesing op die dag doen. Jakkalsvlei se splinternuwe diabetes spyskaart, wat geinspireer is deur die boek, word ook op die dag bekendgestel.

Verder is ons baie opgewonde oor Leah wat die dag saam met ons gaan geniet en ons betower met haar vrolikheid en liedjies op die verhoog. Leah se liefde vir kinders en om hulle te help is vanselfsprekend en sy is gepas om ‘n positiewe bydrae tot ons dag te lewer.

Ons gaan ‘n 6km fun run hê deur die wingerd en veld, wat om 9:00 wegspring. Vooraf inskrywings is beskikbaar of op-die-dag inskrywings word ook toegelaat. Slegs die eerste 300 inskrywings sal ‘n “goodie bag” ontvang en die eerste 500 deelnemers wat klaar maak ontvang iets by die eindstreep. (LET WEL geen medaljes en tydhouding nie)

Die gelukkige trekkings gaan alle deelnemers insluit, jou fun run inskrywing sluit klaar een gelukkige trekking kaartjie in en verder kan looitjies gekoop word om jou kanse op ongelooflike pryse te wen. Die Herbertsdale gemeenskap borg ook een groot gesamentlike prys wat opgeveil sal word. Alle winste en bydraes op die dag gaan dan aan die Hemelrood Onderrigsentrum.

So skud af die Covid blues, laat jul harte bietjie vinniger klop met ‘n draf(stap), kom skep vars lug tussen die wingerde wat bod en maak ‘n verskil in die toekoms van ons kinders.

Vir vooraf inskrywings gaan na ons webwerf: www.jakkalsvlei.co.za of vir verdere inligting skakel ons by 044 333 0222.  Epos ons by events@jakkalsvlei.co.za

Sien julle daar!

Mountain biking and Trail Running event at Jakkalsvlei Winery near Herbertsdale on the Garden Route, Western Cape, South Africa, RSA

Share Button
,