Ons hou fees oor ‘n week | Hessequa Harmonie 15-19 September

Oor presies ’n week vier ons Fees by Hessequa Harmonie in Heidelberg!

Hessequa Harmonie FULL Programme

Vir die laatslapers is daar nog ’n paar opsies! Kuier sommer die week EN naweek in die Suid-Kaap!

ALLERLIEFSTE BREYTEN BREYTENBACH (Woordkuns)
Woensdag 16 September / 16:00 / FOURIEHUIS / R130       
Ilzebet O (voorlesing) & Wilken Calitz (kitaar & viool) & Niël Rademan (Klavier)

Op 16 September 2020 word Breyten Breytenbach 81 en wat beter manier om sy verjaarsdag te vier as met ‘n woordkunsproduksie: ALLERLIEFSTE BREYTEN BREYTENBACH in die histories Fouriehuis. Die feesuutstalling MENSE VAN DIE BOME is ook te besigtig voor en na hierdie aanbieding van hierdie optrede.

 
POSKAARTE NA PARYS (Kabaret: Edith Piaf, Frida Boccara en Kurt Weill)
Donderdag 17 September / 13:00 / STADSAAL / R130 
Jacobi de Villiers (alt) en Elna van der Merwe (klavier) 

‘As jy een ding op ‘n poskaart vir jou geliefde kan skryf, wat sal dit wees? Met Parys as die agtergrond en franse chansons as die kwas, skilder mezzo-sopraan, Jacobi de Villiers, ‘n meesleurende kunswerk. Frans en Afrikaans trou en skep drie liefdesverhale wat raak, roer en herinner hoe regte mense liefhet. Verwag musiek van Piaf, Poulenc en Weill.’ – Poskaart na Parys 
 
RACHMANINOFF 2de Klavierkonsert in c min, Op.18 
Donderdag 17 September / 19:00 / R130 
Nina Schumann (klavier) & Elna van der Merwe (klavierbegeleiding) 

Twee klaviere, twee formidabele pianiste, Nina Schumann & Elna van der Merwe, ‘n wêreldklas konsert.

PROF NINA’S PROTEGE’S

Vrydag, 18 September / 13:00 / Dasjesdrift Teater / R130

Daniel Brodie & Rosemarie Lemmer

Met werke van Beethoven, Chopin Scriabin & Rachmaninoff

Sluit dit af met ’n koeke & Boeke gesprek saam met Elsabé Daneel en ’n afsluitingskonsert op die plaas. Sien volledige program aangeheg.

Elektroniese besprekings via https://www.cnandcoevents.com

Indien jul nog opsoek is na slaapplek skakel gerus: Aan de Kanal (081 408 6890), Sonoplaan 13 (060 827 2444) of Skeiding Gasteplaas (082 440 0242)

Hoop om saam met julle fees te vier!

Share Button