Liefde – My Kuns op Klip

Ek het Stilbaai toe verhuis vanaf Calitzdorp in 2011 – Sou saam my suster Elmarie De Villiers kom werk het, maar sy is ‘n maand later skielik oorlede aan ‘n hart- aanval.

Elisma Grundlingh

Die liefde vir fyn kunswerk en sierskrif doen, was nogaltyd daar. Ek het begin klippies optel en begin skilder op klip.

Toe ‘n vriendin vir my mandala-patrone stuur, het ek dadelik geweet dat ek moet iets anders doen, (want almal doen mandala).

So het ek besluit om “gehekelde lappies”oor my klippe te gooi. Sodra ek ‘n donker gladde klip gevind het, met laagwater, het ek net begin om met ‘n wit gel pen daarop te teken. Elke stekie moes aan die volgende stekie raak (mandala kan jy los patrone maak).

Geleidelik het die begeerte ontwikkel om hangertjies te maak van die klippies. Nadat selfs ons tandarts probeer het om ‘n gaatjie in ‘n klippie te boor en dit nie gewerk het nie, vind ek toe ‘n winkel in die Kaap wat raampies verkoop.

Nou moes ek klippies vind wat pas in my raampies – Toe begin ek klein mandalatjies / “dot painting” en selfs “delft patrone” skilder op klippies. Dit is nie altyd maklik om die regte klippies te vind nie, maar ek geniet dit baie om sulke fyn werk te doen. Ek het al die geduld in die wereld (maar het nie geduld om in ‘n ry te staan by ‘n bank nie).

Ek doen ook ander klipkuns en groot mandala klippe vir die tuin.

Kom besoek gerus my uitstalling by die Hessequa Harmoniefees vanaf 25-29 September in die Heidelberg Stadsaal. ( Weskaap).

Kontakbesonderhede: 082 683 7469

Share Button