It takes 3 to Tango

Peter en Suzanne Martens,  Elna van der Merwe en baldansers speel Heidelberg Stadsaal-verhoog aan die brand.

Ons weet dat ‘n die Tango altyd die emosies roer en hierdie keer gaan dit nie anders wees.

Op Donderdagaand, 26 September 19:00 bied Hessequa Harmonie nog ‘n hoogtepunt van die musikale fees It takes 3 to Tango aan.

Twee meester baldansers, Keanan McClune en Chantelle le Roux gaan behoorlik die Heidelberg Stadsaal sevverhoog aan die brand tango. Hulle tree op saam met die Martensegpaar, Peter (tjello),Suzanne (viool) en Elna van der Merwe(klavier) in hierdie eenmalige konsert op.

 Hierdie vertoning is net nog een van die hoogtepunte in Hessequa Harmonie se unieke musiekfees wat vanaf 25- 29 September in Heidelberg plaasvind.

Kaartjies kan bespreek word by bookings@heidelberginfo.co.za/ 071 091 3510. Vir verder inligting oor die fees kan lesers gerus www.hessequaharmonie.co.za besoek.

Veilige deur tot deur vervoer vanaf Albertinia, Stilbaai en Riversdal na Heidelberg retoer kan bespreek word by Knusbus / 071 148 3063/ bookings@knusbus.co.za.

Moenie hierdie meesterlike vertoning deur u vingers laat glip nie. Die kaartjies verkoop baie vinnig vir hierdie konsert.

 1. Keanan McClune en Chantelle le Roux
 2. Suzanne Martens
 3. Peter Maartens
 4.Elna van der Merwe

Share Button