Gerekende kunstenaars stal uit in Stilbaai

Stilbaai is bekend vir asemrowende natuurskoon en spog onder andere met die pragtig Goukourivier, verskeie Melkboomwoude en pragtig strande.

Geen wonder nie dat hierdie mooi, rustige dorpie die ideale trekpleister was vir kunstenaars om hier te kom vestig, deur die omgewing geinspireer te word en hul talente volheid uit te leef.

Twaalf gevestigde kunstenaars het besluit om saam te span en Stilbaai Fine Art Focus te vorm en sodoende die publiek te bederf met ‘n veel groter verskeidenheid werke in verskillende mediums en kunsvorms.

Die volgende uitstalling van uitgesoekte beeldhou- en skilderwerke vind vanaf 23 tot 28 September 2019 in die Gemeenskapsaal, Hoofweg, Stilbaai plaas.

Vir ‘n volledige lys van die kunstenaars wat lede van die groep is, kan lesers gaan na: https//stilbaaifinearts.co.za

Kom loer gerus in.

Share Button