Zorada Temmingh tree op by Galakonsert

Zorada Temmingh word beskou as een van Suid-Afrika se voorste orrel-improvisators. Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie kunsvorm aandurf waardeur sy improvisasies op bekende kerkliedere aanbied.

Zorada is vereer met ‘n spesiale KANNA vir haar grensskuiwende  bydrae tot Klassieke musiek tydens die KKNK 2006 en is sedertdien weer talle male bekroon en vereer.

Zorada is een van die uitmuntende musici wat deelneem aan die GALAKONSERT wat plaasvind in die Heidelberg NGKerk.

Sy speel onder andere die Widor Tokkate in d-mineur (J.S Bach (orrel).

Die konsert sluit ook ander bekende gaskunstenaars in.

Besprekings

bookings@heidelberginfo.co.za/

071 091 3510.

Share Button