Die nie so klassiek, maar wel die klassieke Nic de Jager

Hessequa Harmonie nooi graag alle organisasies uit na die unieke aanbieding van Woord en Klank.

Nic de Jager is waarskynlik een van die eerste groot filmsterre wat Suid – Afrika opgelewer het en wat nogsteeds bedrywig is op TV, radio en in die filmbedryf. Dink maar aan die luistergetalle van sy RSG- program, Nic se Goed elke Sondag om12:00.

Op Vrydag, 27 September 11:00 tree Nic de Jager op in die Woord en Klank-program wat Hessequa Harmonie aanbied tydens die fees.

De Jager sal van sy gunsteling gedigte deel met die gehoor en die baie bekende Marimba-spelers sal die woordspel met meesterlik-uitgevoerde klanke inkleur. Saam sal Nic en die musikante Woord en Klank saamklits tot ‘n magiese fusie wat grensloos die kleurvolle diversiteit van ons samelewing weerspieel.

SLEGS vir groepbesprekings gemaak deur die sameroeper van die groep, bied Hessequa Harmonie kaartjies aan teen halfprys (R60pp). 

Die vertoning word in die Heidelberg Stadsaal aangebied om 11:00. 

Legende, bekroonde en wenners! Voorwaar ‘n aanbieding om na uit te sien!

Vir diegene wat nie lus is om te bestuur nie , bied Knusbus deur tot deur vervoer aan tussen Albertinia, Stilbaai, Riversdal en Heidelberg retoer.

Knusbus / 071 091 3063/ info@knusbus.c0.za


Besprekings

071 091 3510

bookings@heidelberginfo.co.za

www.hessequaharmonie.co.za

Share Button