Die gesig van Woordkuns klassiek, die nie so klassiek, maar wel die klassieke Nic de Jager

Nic de Jager is waarskynlik een van die eerste groot filmsterre wat Suid – Afrika opgelewer het en wat nogsteeds bedrywig is op TV, radio en in die filmbedryf.

Nic de Jager

Buiten vir sy status as uitmuntende akteur, sy reusagtige kennis van musiek en letterkunde, staan hy ook bekend as “die goue stem”. Dit is natuurlik nie moeilik om dit te verduidelik nie. Nic is een van die akteurs wat oor die strekking van sy tans-50-jaar loopbaan relevant gebly het. Met sy radioprogram , Sondae op RSG,  NIC SE GOED, het hy opnuut ‘n vriend van musiekliefhebbers, jonk en oud geword. Tans is hy ook te sien in die vervolgreeks, VALLEI VAN DIE SLUIERS.  Jy kan in die middel van die nag sy stem hoor en onmiddelik weet: hierdie is Nic de jager. Hy is ‘n held, voorbeeld en inspirasie.   interessante en vreemde voorwerpe uit ons geskiedenis deur ‘n paneel kundiges verduidelik moet word.

Op Vrydag, 27 September  11:00 tree Nic de Jager op in die Woord en Klank-program wat Hessequa Harmonie aanbied tydens die fees. De Jager sal van sy gunsteling gedigte deel met die gehoor. Die baie bekende Marimba-orkes onder die bekwame leiding van Betsie Ryke en Reagen Diedericks van Rural Arts Network sal die woordspel met meesterlik-uitgevoerde klanke inkleur.

Die Marimba-orkes en dansers, wat reeds verskeie toekennings verwef het bestaan uit super talentvolle plaaskinders uit Grabouw se appelwereld wat op die polsende maat van marimbas, danse, gedigte en vertellings  van ons  geliefde skrywers, digters, sangers en komponiste vier.  Hulle staan onder die bekwame leiding van Betsie Ryke en Reagan Diedericks.

Betsie Ryke [BMus(ed)] het reeds 30 jaar se ondervinding in die veld van opvoedkunde.

Regan Diedericks, die musiek- en dans- gemeenskapfasiliteerder staan  Ryke by met die vervullende bedrywighede. Hulle is altyd gereed vir nuwe uitdagings.

Met die vertoning saam met Nic de Jager, gaan Nic se gunsteling gedigte saamgeklits word tot ‘n magiese fusie wat grensloos die kleurvolle diversiteit van ons samelewing weerspieel.

 Die program word in die stadsaal aangebied en die kaartjies kos R120pp.

Legende, bekroonde en wenners! Voorwaar ‘n aanbieding om na uit te sien! Bespreek nou u kaartjies by bookings@heidelberginfo.co.za of 071 091 3510.

Hoofphoto: Marimbaspelers van from Rural Arts Network

Share Button