BECAUSE with Niël Rademan (baritone), Elna van der Merwe (piano)

Why would a classically trained cabaret singer and a classical pianist want to collaborate in putting a show together with older story-telling songs? 

BECAUSE we have already done a variety of concerts together all over South Africa. BECAUSE we love nostalgic music and the memories it conjures up. BECAUSE we all go through happy and sad phases and we would love to share these emotions with you through our music. BECAUSE we can and BECAUSE we care.

28 Sept / 11.00 / Heidelberg Hotel / bookings@heidelberginfo.co.za


Niël Rademan is ‘n dinamiese teaterpraktisyn en verwerf sy M.Dram in regie (met ‘n fokus op die sang- en spraakstem) van die Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika) met die produksie, Die hamer van die Hekse (André P. Brink). Hiervoor ontvang hy die Mark Graham-prys wat toegeken word aan die beste nagraadse regiestudent.

Hy vervaardig en regisseer The South African Sopranos – wat bekroon is met ’n KANNA-toekenning en ook genomineer is vir ‘n FIESTA-toekenning vir beste klassieke musiekprodukie by ‘n kunstefees. Hy is ook self genomineer aan gewilde FIESTA-aanbieder. Hy behartig die regie en musikale verwerking van ‘n jeug-musiekspel, Die Avonture van Wilde Willemientjie (Riana Scheepers). Die rolverdeling van die produksie word bekroon met ‘n KKNK Kanna-toekenning hiervoor. Hy regisseer oder andere; Die Jakkalsstreke van Scapino (Molière), West Side Story (Bernstein), Sound of Music (Rodgers & Hammerstein) en behartig die assistent-regie van La Bohème (Puccini) en The Pearl Fishers (Bizet) by die Artscape / Kunstekaap Operahuis.

Niël Rademan is bekend as sanger en regisseur van ligter teater- sowel as klassieke musiek. Hy het al saam met die grootste kunstenaars in Suid-Afrika opgetree en maak gereeld sy buiging in Europa (Engeland, Frankryk, Nederland, Oostenryk, Switzerland). Rademan het reeds 4 CD’s opgeneem wat in afsonderlike hoedanigheid genomineer is vir ‘n TEMPO-, sowel as ‘n GHOEMA-toekenning. Niël is die eerste uitvoerende hoof van die HESSEQUA HARMONIE.

Share Button