Young Royal Shepherds tree by op Hessequa Harmonie

Young Royal Shepherds is ’n Kersfeeskoor wat gestig is in 1949 binne die Heidelberg distrik.

Young Royal Shepherds is ’n gemeenskap organisasie wat Christelike musiek verskaf aan die gemeenskap en neem jaarliks deel aan Kersfeeskore kompetisies. Die koor is ’n nie-winsgewende organisasie en dus maak hul gebruik van skenkings uit die gemeenskap. Die koor bestaan uit ongeveer 60 lede van alle ouderdomme en maak hulle gebruik van jong musikante wat verskillende blaas instrumente kan speel soos, trompette, saxofone, Tubas, trombone, klarinette ens.

Die koor word gelei deur die voorsitter, mnr. Thomas Meyers tesame met ’n beheerliggaam wat hom help.

Die koor het alreeds hoë hoogtes bereik met hul musiek, onderleiding van hul jong 19 jarige musiek dirigent Nathan Ruiters asook hul kapteine, menere Jason Pieters en Henmury Davids. Nathan het sy musiek opleiding ontvang by die plaaslike Nuwe Apostoliese Kerk (Oos) op die ouderdom van 12. Hy is ’n baie groot aanwins vir die koor en hulle respekteer hom.

Hierdie is ’n groot geleentheid vir die koor en hulle sien uit om hul talent te wys. Die koor is dankbaar vir die geleentheid en wil mnr. Niël Rademan bedank vir die uitnodiging as sy gaste.

Share Button