Geen kragverkope op 1 Desember 2015

muniKennis geskied hiermee dat GEEN VOORAFBETAALDE ELEKTRISITEIT VERKOPE in die Hessequa-streek sal plaasvind vanaf:

30 November 2015 om 21:00 tot 01 Desember 2015 om 24:00.

Derhalwe sal geen munisipale kassiertoonbanke, kragverkoper of Mobile Power toegang tot die voorafbetaalde kragverkoopprogram beskik nie.

Hessequa Munisipaliteit se voorafbetaalde elektrisiteitverkoopprogram word opdateer en word inwoners versoek om vroegtydig hul voorafbetaalde kragaankope te beplan.

Alle moontlike stappe word geneem om inwoners se ongerief te beperk.

Inwoners word gemaan om voor 30 November 2015 hul krageenhede te monitor en te verseker dat hul oor voldoende krageenhede beskik.

Share Button