Solar-beligting: Stilbaai Feesgety

stilbaai-sakekamerReeds baie van die kleiner dorpies en veral kusdorpe verfraai deesdae gedurende die feesseisoen hul strate en gesogte bakens met ligte en interessante versierings.

Dit maak ‘n dorp meer aantreklik vir inwoners en besoekers. En dis ook lekker om saans na badtyd die kleingoed in die motor te laai en te gaan “liggies kyk” of om sommer net rond te dwaal tussen versierde besienswaardighede en dan iewers aan te doen vir ‘n roomys of anderlike bederf.

Die Stilbaai Sakekamer wil hierdie jaar vroegtydig aandag gee aan die verfraaiing van ons dorp en omgewing.

Omdat Elektrisiteit, Befondsing en Mannekrag (vir instandhouding van toerusting) wesenlike probleme is, benodig ons kundiges se raad en tyd. Mense wat kennis het van solar-beligting, enigiemand wat kontakte het vir die aankoop van hierdie soort beligting of almal wat weet hoe die oprigting werk, se hulp sal waardeer word. Raad en hulp met instandhouding sal ook waardevol wees.

Help ons asseblief om hierdie jaar ‘n verskil te maak. Moedig gerus ook ons gemeenskap aan om deel te neem aan die verfraaiing en versiering van besighede en privaat-eiendomme. Probeer egter voortdurend om ekonomiese alternatiewe na te streef en vindingryk te werk te gaan wanneer dit kom by die besparing van noodsaaklike bronne soos water en krag.

Ons sien hierdie jaar uit na ‘n groot gemeenskap-spanpoging.

Kontak ons gerus by admin@stilbaaibusiness.co.za

Volg Stilbaai Sakekamer on Facebook

Share Button