#VulDieGat: Oudtshoorn branch repairs potholes in front of school

The AfriForum branch in Oudtshoorn embarked on its first #VulDieGat project this past weekend by repairing a strip of road – which was badly maintained – and other potholes in front of Langenhoven Gimnasium with tar. The branch used a total of 3,2 tonnes of tar to fill up a surface of 191 m². The tar was also sealed to ensure that it does not crack or crumble again. The potholes on this road are in front of the entrance to the school and have presented serious challenges to motorists who use the road on a daily basis. 

“The potholes and cracks in the road arose because it was not properly maintained. Numerous smaller potholes have also turned into a giant hole over time. Because this is one of the busiest streets in town, it was essential for the Oudtshoorn branch to intervene and repair the dangerous potholes,” explains Marthinus Erasmus, AfriForum’s District Coordinator for the Southern Cape. 

The Oudtshoorn branch plans to undertake many more #VulDieGat projects and work with the community to get rid of all the potholes. AfriForum has already filled potholes worth more than R1,4 million nationwide by using almost 400 000 tonnes of tar (or 16 000 bags of tar) to do so.

Get involved with AfriForum’s Oudtshoorn branch today by sending an email to marthinus.erasmus@afriforum.co.za or calling Erasmus on 081 216 9602. 

Marthinus Erasmus

District Coordinator: Southern Cape

AfriForum

Cell: 081 216 9602

Email: marthinus.erasmus@afriforum.co.za


#VulDieGat: Oudtshoorn-tak herstel strook slaggate voor skool 

Die AfriForum-tak in Oudtshoorn het die afgelope naweek sy eerste #VulDieGat-projek aangepak deur ’n strook pad – wat sleg onderhou is – en ander slaggate voor Langenhoven Gimnasium met teer te herstel. Die tak het altesaam 3,2 ton teer gebruik om ’n oppervlak van 191 m² op te vul. Die teer is ook geseël om te verseker dat dit nie weer kraak of verbrokkel nie. Die slaggate op hierdie pad is voor die ingang van die skool en het ernstige uitdagings vir motoriste gebied wat daagliks van die pad gebruik maak.

“Die slaggate en krake in die pad het ontstaan omdat dit nie behoorlik onderhou is nie. Talle kleiner slaggate het ook mettertyd in ’n reusegat ontaard. Omdat dit een van die besigste strate op die dorp is, was dit noodsaaklik vir die Oudtshoorn-tak om hier in te gryp en die gevaarlike slaggate te herstel,” verduidelik Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Die Oudtshoorn-tak beplan om nog vele #VulDieGat-projekte aan te pak en saam met die gemeenskap te werk om van al die slaggate ontslae te raak. AfriForum het reeds landwyd slaggate ter waarde van meer as R1,4 miljoen gevul deur bykans 400 000 ton teer (oftewel 16 000 sakke teer) te gebruik om dit te doen.

Raak vandag nog by AfriForum se Oudtshoorn-tak betrokke deur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za te stuur of Erasmus by 081 216 9602 te skakel. 

Marthinus Erasmus

Distrikskoördineerder: Suid-Kaap

AfriForum

Sel: 081 216 9602

Epos: marthinus.erasmus@afriforum.co.za

Share Button