Oudtshoorn munisipaliteit kry nuwe vullistrokke

Oudtshoorn, 31 Julie 2019 – Oudtshoorn munisipaliteit kan weer voortgaan met dienslewering nadat Reinigingsdienste twee trokke bygekry het.

“Gemeenskapsdienste departement het twee nuwe trokke gekoop vir Reinigingsdienste.’n Tipper, wat gebruik sal word vir skoonmaakdienste in terme van oop ruimtes, asook ‘n nuwe vragmotor vir vullisverwydering wat die munisipaliteit in staat stel om De Rust en Dysselsdorp onafhanklik te diens.  Sodoende word die doeltreffendheid van ons vullisverwyderingsdienste vir die gemeenskap te verbeter.” Het Colan Sylverster, uitvoerende burgemeester, gesê met die aflewering van die vullistrokke.

Foto: Thomas Matthee: Direkteur Gemeenskapsdienste, Jacobus Blaauw: Toesighouer, Raadslid Hendrik Luiters-Voorsitter Gemeenskapsdienste. Herold Le Kay: Bestuurder-Reinigingsdienste, Colan Sylvester: Uitvoerende burgemeester

Share Button