Verwelkomings Boodskap vir die ABSA KKNK 2012 deur die Uitvoerende Burgermeester, Rdh Gordon April

Oudtshoorn, die pragtigste vakansie bestemming geleë in die hartjie van die Klein Karoo, met sy panoramiese uitsig vanaf beide  die Outeniqua -en Swartberge, het ‘n unieke aura wat jy nêrens in Suid Afrika kry nie. Uniek in die sin dat Oudtshoorn nie met enige ander dorp vergelyk kan word ten opsigte van ons Oudtshoorn Sportfees, Klein Karoo Klassique, en ons vlagskip die ABSA KKNK. 

Namens die Groter Oudtshoorn wil ek graag alle besoekers van regoor die land en die buiteland verwelkom by die aanbieding van die 18de ABSA KKNK. Die fees word gekenmerk aan sy geskiedenis, ligging, infrastruktuur en  gasvryheid. Oudtshoorn se inwoners het ‘n verterende liefde hetsy vir musiek, teater, rieldans en die kunste.

Daarom ag ons, ons venootskap met die ABSA KKNK baie hoog sodat ons gehoorontwikkelings program vir jongmense altyd nuwe talent na vorekanbring. Ek moet erkenning gee dat die onderlinge  vennootskap tussen die Oudtshoorn Munisipaliteit en die Bestuur van ABSA KKNK daartoe verbind is om die fees meer toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak. Hierdeur verseker ons dat die fees mandaat om gevorderde suksesse in die kunste plaaslik te bevorder, sodat alle huidige histories benadeelde gemeenskappe hierdeur voordeelkantrek hetsy direk of indirek.

Werkskepping is immers ‘n Nasionale-Provinsiale en Plaaslike regerings mandaat, en ons as munisipaliteit moet help toesien dat dit implementeer word. Ek dank die bestuur en personeel van die ABSA KKNK vir hulle volgehoue pogings om die fees suksesvol aan te bied,  borge  wat verseker dat die fees elke jaar plaasvind, die Munisipale Raad vir hulle fiansiële steun jaarliks, en inwoners van die Groter Oudsthoorn vir hulle ondersteuning.

Graag verwelkom ek almal regoor die land wat Oudtshoorn tydens die feestydperk besoek , ‘n gasvrye en  genotvolle  2012 fees beleef.

Share Button