“An exhibition of our journey to belonging, through colour”

“Friends & I, an exhibition of our journey to belonging, through colour”

George, Tuinroete (Junie 2024) – ‘n Groep vriende van die Tuinroete, wat vreugde gevind het in die saamstel van ‘n kunsuitstalling, as ‘n kollektiewe geheel, hou ‘n besondere uitstalling in George. Ons gedeelde liefde vir kuns het ons paaie oor tyd saamgevleg, en ons is beter daarvoor. Ons doel en sin van behoort spruit voort uit die eenheid wat ons as vriende het – ons leef saam, op ‘n kleurvolle en egte manier. Ons glo dat inspirasie (en pret) eksponensieel verbeter word wanneer ons in die geselskap van ander werk (met goeie koffie in die hand). Die definisie van ‘kleur’ is die lig wat deur ‘n voorwerp weerkaats word. Ons voel gedefinieer en gewaardeer deur hoe ons mekaar reflekteer.

Dit is ons, dit is ons kuns, en dit is ons reis na behoort, deur kleur.

Verskeie geleenthede  word by die uitstalling aangebied, soos poësie voorlesings met die groter deel van die Outenique Ensemble op musiek instumente, ‘n poësie praatjie, kuns werkswinkels en ‘n gin proe. Een van ons hoogtepunte is ‘n tee party wat plaasvind op 1 Junie, met ‘n barista en ook kitaar musiek.

Ons het vroeër die jaar in die hartjie van die Kaap uit gestal by 6 Spin straat en is opgewonde om die keer dit in ons tuis dorp, George te kan doen.

René Scribante Loft Studio

René Scribante Loft Studio is waar ek skep, terwyl ek na musiek luister, met koffie byderhand. My helpers in die vorm van honde kinders is lief vir hierdie ruimte, dit is ons ruimte. Om hierdie ruimte met vriende te deel, bring vir my geweldige vreugde. Die uitruil van idees, lag en vryheid om onsself te wees wat ons hier ervaar, het gelei tot ons gereelde bymekaar komste onder die kleurvolle sambreel van “Coffee with

Local Artists”. Ek voel geëerd en ook nederig om hierdie uitstalling met my vriende en ook met jou te deel. Ervarings is soveel beter in die geselskap van ander … veral vriende. 

René Scribante Loft Studio bied aan “Friends & I” by die “Attic” in 33 Langenhoven straat, George 

Die “Attic” in George het ‘n spesiale plek in my hart…

Dit was die geboorteplek van “Coffee with Local Artists”.

Ek is bly dat ons reis na behoort, deur kleur, ons weer na hierdie historiese ruimte gebring het.

Dankie dat jy deel is van ons storie.

Die kuns uitstalling wat begin met die openings aand op 30 Mei om 18:00, is aan tot en met 22 Junie.

Vir meer inligting kontak gerus René Scribante by rene@scribante.com

Facebook: @renescribanteartist

Instagram: @renescribanteloftstudio

Webwerf: www.renescribante.com

Foto: Magda Faul, Chantal Gerber, Liezel du Toit, Kala Combrink, René Scribante, Ester Zonnestein, Tersia Hoffmann, Gerda Smith en Vandana Premchand.

Share Button