Surprise Father’s Day Lunch

Rosedale Buurtwag se vroue het besluit om’n verrassings Vadersdagete vir Rdsl. Edmund Bussack en die ander pa’s in die buurtwag op Sondag, 16 Junie 2019 te hou.

Bussack sê hy was heeltemal onkant betrap, iemand het hom gebel om te sê hy moet dringend tot by die Rosedale saal kom. Toe hy daar aankom het die feesmaal hom ingewag.Hy wil graag elke vrou bedank vir hul opoffering en helpende hand wat dit moontlik gemaak het om hierdie dag so spesiaal te maak. “ Dit gaan nie ongesiens verby nie. Rdl Bussack het afgesluit met die skrifgedeelte, Spreuke 30:31 “ Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte”.

Share Button