Padblokkade gehou

Oktober is Vervoermaand. George Verkeersdepartement en Wetstoepassing het Vrydag ‘n padblokkade in Yorkstraat gehou om motoriste bewus te maak van Vervoermaand. Inligtingspamflette is versprei en die Verkeersveiligheidkarakter, Daantjie Kat, was teenwoordig om motoriste te vermaak. Geen persone is aangekla nie en ‘n totaal van 480 motoriste is met die uitreiking bereik.

Op die foto staan Mario Giewelaar, Senior Bestuurder: Wetstoepassing en Verkeer, Rdl. Iona Kritzinger, Portefeuljeraadslid vir Gemeenskapsveiligheid en Daantjie Kat. In die agtergrond deel die beamptes die inligtingspamflette uit aan motoriste

Share Button