Deurbraak in Tom Queba moordsaak

sapsDie polisie het die eienaar van die wapen wat gebruik is in die moord van Tom Queba opgespoor.

Volgens Kaptein Bernadine Steyn, was die polisie op soek na Carel Pieter Cronje Human, in wie se naam die wapen geregistreer is.

Steyn het bevestig dat Human in Kwa-Zulu opgespoor is alhoewel geen arrestasies tot dusver gemaak is nie.

Queba, ‘n hoe-profiel onderhandelaar in die beplande bus network vir George, is op 25 Mei 2014 in sy huurmotor op die N2 naby Tembalethu vermoor.

Share Button