Passie dryf Grootbrak Grabadoo en talle stap en fietsryroetes in Tuinroete

Die Suid-Kaap is sonder enige twyfel die een van die beste somer vakansie bestemmings in Suid-Afrika. Die gematigde temperature, die heerlike ôwarmö seewater en die rustige atmosfeer (tensy jy jouself in  vakansieverkeer bevind, natuurlik).  Daar is æn ongelooflike verskeidenheid van dinge om te doen tussen die berg en die see en dit is geen wonder dat vakansiegangers en plaaslike mense al hoe meer van die Tuinroete se wegsteekskate ontdek nie.

Of jou hart trek na æn rustige stappie tussen plantasies of æn trek op teen George Piek met net die klank van die jou klere wat langs die fynbos verbyskuur, is daar hope vir jou om te doen. As jou eerste koppie koffie (sonder water, sonder suiker, sonder melk) in die oggend die begin is van æn adrenaliengelaaide soektog na dinge wat jou hart en jou lyf gaan uitdaag, dan sal jy waarskynlik binnekort wil verhuis na die Suid-Kaap.

Dit is æn droom vir drawers en stappers met beide die majestieuse Outeniqua berge en die oseaan en alles tussenin wat sielskos is vir ontspanning na æn moeilike jaar. Die kronkels vir die padfietsentoesiaste draai verby van die mooiste plase en landerye in die area en daar is hope op- en afdraend seksies om seker te maak fietsryers kry lekker oefening vir die kuite en die ôhammiesö. Soos baie reeds weet het die Tuinroete van die beste avontuurpaaie in Suid-Afrika vir bergfietsryers, of jy nou æn groentjie is en dink die breÙr bande is vir meer stabiliteit of æn ou hand met ernstige goed geklipte en geboomwortelde enkelbaan bergfietsroetes.

Die Grootbrak Grabadoo vier al hierdie opwinding, ontspanning en kardiovaskulÛre vermaak met die negende trap, draf en stap op 31 Desember 2011. Jaarliks skryf mense van heinde en verre in om die dag saam met familie te kom geniet, om æn bietjie nodige oefening in te kry, of om die mooie natuurskoon in te neem in die Grootbrakrivier area. Daar is ook sommiges wat dit net doen vir die medalje en die geskenksakkie wat die eerste 1200 inskrywings pasella kry.

As jy æn kranige stapper of drawer is,kanjy vir die 4.8km roete inskryf. Padfietsryerskanhulle oefening inkry voor die Argus deur in te skryf vir of die 20 of die 40km roetes. Bergfietsryers kan hulle tande slyp vir 15, 35 of die nuwe verlengde roete, die 70km met van die mooiste uitsigte in die Suid-Kaap (indien jy asem of tyd het om dit in te neem).

Belangstellendeskanby Chas Everitt kantore in George, Sedgefield en Grootbrakrivier of aanlyn hulle deelname bespreek by www.onlines.co.za. Alle deelnemers wat klaarmaak kry æn medalje, æn Mitchum geskenk en Powerade.

Die redes vir hoekom mense inskryf is eindeloos. Die feit bly staan, maak nie saak wat jou oorwegings of motiverings is nie, dit is op die ou einde nie hoekom jy inskryf nie, maar dat jy inskryf wat saakmaak.

Vir meer inligting oor hierdie opwindende geleentheid wat vanjaar vir die negende keer plaasvind, kan Mimi Finestone gekontak word op 084 583 3144, epos mimi@gojipr.net of besoek www.gojipr.net om te kyk hoe die vorige jare se feestelikheid gelyk het.

Share Button