Aanvullende inligting: Chief & Carma

Chief & Carma is ‘n Opwindende stuk teater ervaring met uitstekende toneelspel, opwindende dansroetines, musiek en sang.

CHIEF & CARMA  het van Dinsdag 8 tot 12 November in die UJ Teater inAucklandParksy eerste speelvak gehad.

Dit kom op Woensdag 28 en Donderdag 29 Desember 2011 na die Arts Theatre in Yorkstraat George.

Hierdie is ‘n groot persoonlike mylpaal vir Simon Bruinders, wie na 32 jaar terugkeer na die teater waar hy destyds opgevoer het as lid va Club Cultura. Simon is ‘n boorling van George.

Simon Bruinders en Liesl Schoeman het voorheen saamgewerk by SABC 3.

Simon was kontiniuteits aanbieder en promop regisseur en Liesl was aanvanklik ‘n redigeerder (editor) en het later in program ontwikkeling gewerk.

Hulle het ‘n gesprek gehad oor hoe jy drama en dans saamkangebruik. Sy kom uit ‘n dans agtergrond en hy uit ‘n toneel agtergrond.

Intussen het Simon Kaapstad toe verhuis. Met sy terugkeer naJohannesburghet die twee weer in 2006 bymekaargekom en oor die toneelstuk begin praat.

Simon het intussen heelwat industriële teater gedoen saam met sy seunAlvin.

Dit was meestal vir myngroepe soos Anglo American en Kumba. Hy het vir homself in die teater die karakter : Chief ingeskryf, wie die toesighouer onder die “mynwerkers” was.

So het Chief in Rustenburg, Witbank en ande rmyndorpe bekend geraak.

Liesl se tweede naam is Carma (Liesl-Carma). Toe hul begin skryf aan die toneel het dit gehandel oor twee karakters: Chief & Carma.

Anders as Romeo & Juliet of Henry & June, is Chief & Carma nie ‘n liefdesverhaal nie – nie dáái soort liefde nie. Hierdie is ‘n vader-dogter verhouding wie mekaar onder besondere moeilike tye moet ondersteun.

Chief het by haar pa se apteek gewerk as regterhand en motorbestuurder.

Later het hy haar mentor geword, die wyse man met die koddige, gevatte sêgoed, wie hierdie jong dame deur die lewe lei. Uiteindelik groei hul verhouding so diep dat hulle heeltemal van mekaar afhanklik word – wel wetende dat Carma se dansloopbaan op Broadway – indien haar droom waar word – hulle van mekaar sal moèt skei.

Hierdie is ‘n anderse teks – eerlik … uitdagend en sensueel. Die storie het raakpunte met baie families en jong kunstenaars se loopbane. Hier word gekyk na issues uit ‘n ander hoek. en gee ons almal ‘n kykie in ons eie  verhoudingslewens ….. die opwinding en telurstellings van ‘n professionele dansberoep.

Dit hanteer ook universele vraagstukke soos verhoudings …. Die alom teenwoordige versoekings …. Die najaag van jou drome en ons verhoudings tot mense met gestremdhede.

Die dialoog is skerp met fyn humor enin die stuk vermeng hulle drie genres : Toneel, Dans en Sang.  Na ‘n paar koppies koffie met Bromley – GEBEUR Chief & Carma !

Die storie is geweef rondom die verhouding tussen Chief en Carma, wie deur omstandighede saamgegooi en op mekaar aangewese is. Die een ding wat hulle saambind is hul liefde vir dans.

Chief was op sy dag ‘n bekende klopdanser en instrukteur.

Carma is ‘n talentvolle, dogter met ‘n voorliefde vir dans : ballet, spaanse danse en kabaret. Chief is haar vertroueling, vader figuur en mentor.

Sy skryf in vir ‘n oudisie wat haar sal toelaat om haar dansloopbaan op Broadway inNew Yorkvoort te sit.  SAL SY SLAAG?

Intussen dra Chief  ‘n verskriklike geheim in hom rond, wat hulle uitmekaarkanskeur! ‘n Kloofkanskep wat nooit oorbrug sal word nie en wonde sal slaan wat waarskynlik nooit sal heel nie!

So: die geheim bly ‘n geheim ….. en solank Carma nie hoef weg te gaan nie,kandie geheim in die gemaksone van hul bestaan getroetel word.

Maar die wiele draai anders!

Mense het na die eerste vertonings die volgende te se gehad oor Chief & Carma:

 

“’n Great stuk! Simon displays a very nice touch to theatre” – with this production – ANRICH HERBST –Orkney snork nie, Isidingo.

Delphine Van Wyk: “Ek gaan graag teater toe, maar het lanklaas ‘n stuk gesien wat so met jou praat – so Real is! Jul moet dit landswyd neem.

“This play moves the boundaries of drama  theatre.”

“Stunning play with brilliant acting & excellent dance moves.”

“jul humor is darem maar net iets anders.”

“Simon Bruinders en Liesl-C  vorm ‘n uitstekende duo vertoning. Dialoog skerp en pittig.”

“You address the right issues in die play that challenge people all the time like is showbiz a safe career – is it “all glamour”?

“I LUV,D THE USE OF THE VIDEO SCREEN IN PLAY … AND THAT ONE EXOTIC DANCE !!! WOW!!! “

Share Button