Blanco Superette kitsbank met plofstof beroof

Diewe het oor die naweek deur die dak van die Blanco Superette toegang gekry tot die kitsbank binne die winkel.  

Volgens MSEC het die alarm omtrent 2vm Mandagoggend afgegaan.  Hulle het gaan ondersoek instel, maar niks onverhoeds opgelet nie.  Die voordeur was gesluit en geen vensters was gebreek nie. 

Ooggetuies in die omgewing het kort voor 3vm ‘n harde slag gehoor. 

Dit blyk dat die diewe ‘n gat in die dak gekap het en sodoende toegang tot die perseel verkry en met behulp van plofstof die kitsbank oopgeblas het.  

Die kitsbank is Vrydag hervul, maar dit is onseker hoeveel geld daar binne was.

Share Button

Leave a Reply