Karla Swart – Kwaggas betreur haar heengaan

Karla Swart was ‘n leerder in die Hoërskool Outeniqua in 2002 -2003 voordat sy saam met haar ouers na die VSA verhuis het.  In Amerika het sy aan padfietswedrenne begin deelneem en so goed gevorder dat sy die Amerikaanse kampioenskappe gewen het.  Sy het ook aan verskeie wedrenne in Europa onder die vaandel van Fietsry Suid-Afrika deegeneem. 

In 2010 is sy in die Suid-Afrikaanse span na die Statebondspele in Indië opgeneem en het ‘n 8ste plek in die wedren behaal – dit was die hoogste posisie van al die Suid-Afrikaners. 

Die Hoërskool Outeniqua betreur, saam met haar familie, haar vroeë heengaan op ‘n baie jeugdige ouderdom.  Ons is trots op die prestasies wat sy bereik het.

Share Button

Leave a Reply