Bianca Buitendag – Wêreldbranderplankrykampioen

Bianca Buitendag, graad 11 leerder van Hoërskool Outeniqua, het die Suid-Kaap se naam hoog gehou deur ‘n uitsonderlike prestasie in branderplankry te behaal.  Die wêreld se top sewe lande  stuur elkeen sy twee beste o/20 branderplankryers na die Billabong ASP World Junior Championship in Sydney Australië.  Hierdie is die grootste prestige kampioenskap vir juniors in die wêreld. Die lande wat deelneem is Suid-Afrika, Australië, Amerika, Hawai, Brazil, Japan en Frankryk, asook 4 promtorkeuse deelnemers.

Bianca haal die finaal van hierdie kampioenskap en klop die Franse se kampioen, Justine Dupont, om die eerste vroulike Suid-Afrikaner in die geskiedenis te word, wat hierdie uitsonderlike prestasie behaal.  Met hierdie oorwinning skuif se ook na die tweede plek op die o/20 wêreldranglys.

Hoërskool Outeniqua is baie trots op hierdie ongelooflike sportvrou en ambassadeur van ons skool, en wens haar alle voorspoed toe op hierdie harde, maar opwindende uitdaging toe.

Share Button

Leave a Reply