Nuus vanuit Heidelberg oor die voëlkykroete

Heidelberg het ‘n bestaande historiese staproete en ons wil graag n voëlkyk-roete in ons dorp by hierdie roete inskakel.

Map

Dit is noodsaaklik vir beide inwoners en besoekers om meer bewus te word van wat in ons dorp aangaan en voëls is ‘n definitiewe trekpleister vir besoeker. Dit kan weer help om meer te bied vir besoekers wat weer werksverskaffing kan aanmoedig.

Pierre van der Berg het n lys van 75 voëls geidentifiseer in Heidelberg en Witsand en hy en Klaas Iest het ‘n brosjure opgetrek wat deur besoekers gebruik kan word.

Ons wil egter graag dit verder neem en roetes optrek wat geloop kan word en mense wat die roetes stap dalk vra om die voëls te tel en betrokke te raak by bewaring. Dit is tog ook ‘n trekpleister vir toerisme en kan dalk deur die hele streek gebruik word.

Grootvadersbosch trek klaar jaarliks baie besoekers wat spesiaal na die voëls kom kyk en dit kan uitgebrei word en daardie besoekers kan meer tyd in ons omgewing spandeer.

Ons kyk in Heidelberg om die vloedarea by die rivier,  by die Heidelberg Stasie se quarry, by die bestaande botaniese tuin en die bloekombos waar die dorp se dam gelee is as areas te betrek vir die roetes. Besoekers behoort ‘n goeie idée te kry van wat hulle waar kan sien, hoe lank dit neem om deur die areas te beweeg en ook waar hulle dan kan eet, slaap, asook maatreels vir veiligheid.

Ons vertrou dat Heidelberg en Witsand se inwoners en voëls by hierdie roetes sal baat vind.

Vir enige navrae kan

Louise Kluyts & Pierre vd Berg gekontak word by Tel. 028 722-1080/028 722-2786

Share Button