Scoop for Hessequa Harmony Gala Concert

Piano Virtuoso’s to perform Rachmaninoff’s Piano Concerto No. 3 in D Minor, Op. 30 (arranged for two pianos) at Hessequa Harmony Gala Concert.

Sergei Vasilyevich Rachmaninoff (1 April 1973 – 28 March 1943), became known as one of the fore most piano virtuosos and conductors of all times.

The Piano Concerto No. 3 in D Minor, Op. 30 (arranged for two pianos) has the reputation of being one of the most technically challenging piano concertos in the Romantic Classical repertoire. It is respected, even feared, by many pianists.

Rachmaninoff composed the concerto in Dresden and completing it on 23rd September 1909 (109 years ago). He also performed the concerto himself with the New York Symphony Society under the baton of Walter Damrosch on 28 November 1909, at the first performance. It was published during 1910 by Guthiel.

Goeie nuus vir die musiekliefhebbers is, dat daar nog kaartjies (R150) beskikbaar is vir die galakonsert wat op 26 September 2018 plaasvind in die Heidelbergse Stadsaal.

Hessequa se musiekliefhebbers van klassieke musiek kan ’n briljante en luisterryke uitvoering van hierdie klavierkonsert se tweede en derde bewegings op twee klaviere gespeel, verwag.

Hierdie gala-uitvoering is een van die top-aanbiedinge op die program wat tydens Hessequa Harmoniese fees van klassiekemusiek en Woordkuns wat van 25 – 30 September 2018 in verskeie venues in Heidelberg gaan plaasvind.

Niël Rademan, ’n boorling van Heidelberg en tot onlangs die uitvoerende hoof van die Suidoosterfees in Kaapstad, het ’n formidabele span kunstenaars byeen gekry om deel te neem aan Hessequa se eiekunstefees.

Rachmaninoff’s Third Piano Concert’s arrangement for two pianos will be performed by well-known pianists Jan Hugo and Elna van der Merwe on two pianos.

Nog kunstenaars wat deel is van daardie aand se uitvoering, is die vioolvirtuoos, Petrus de Beer, wat onder andere Meditation van Jules Massenet en Zeugeunerweise gekomponeer deur Pablo de Sarasate sal uitvoer en Clara Hugo, die hoog aangeskrewe sopraan wat saam met haar man, die bogenoemde pianis, in Frankryk woonagtig is. Haar program sluit van die mooiste Franse melodie van die 19de en 20ste eeu – Beau Soir van De Bussy, Claire de Lune van Faureen Le Spectre van Berlioz in. Die egpaar is deel ’n diep passie vir musiek. Hulle is albei baie kundig oor die 19de eeu se praktyke en hoe hulle in daardie tyd die musiek uitgevoer het. Hul inspirasie trek hulle uit die eerste klank opnames wat gemaak is aan die einde van die 19de eeu waarin ’n mens kunstenaars wat vir Verdi, De Bussy en Faure geken het. Dit gee hul musiek ’n nuwe dimensie en ’n varsheid wat hulle voel die publiek regtig diep kan raak. Die egpaar vlieg spesiaal na Suid-Afrika om op Heidelberg aan die fees deel te neem.

As hierdie konsert ’n aanduiding is van die kwaliteit van kunstenaars en programme wat tydens Hessequa Harmonie aangebied gaan word, kan die hele Hessequa-streek uitsien na luisteryke ervaringe. Watter voorreg is dit nie, en dit boonop ons voorstoep.

Daar is nog kaartjies vir hierdie luisteryke vertoning op 26 September, beskikbaar.

Besprekings vir die gala-konsert wat om 20:00 plaasvind, kan by bookings@heidelberginfo.co.za of 071 091 3510 gedoen word. Kaartjiesvir die vertoning is R150 pp.

Share Button