Kaartbetalingsfasiliteite by Verkeerskantoor ‘n realiteit

Kaartbetalingsfasiliteite sal vanaf 1 Julie 2018 by die Verkeerskantoor betaalpunte te Riversdal, Stilbaai, Albertinia en Heidelberg beskikbaar wees vir die betaling van REGISTRASIE EN LISENSIëRING VAN ʼn MOTORVOERTUIG.

Vergete is die dae van in ‘n nimmereindigende tou staan by die motorregistrasie en lisensiëring kantoor, net om voor in die tou te kom en te besef dit is ‘Slegs kontant’ betalings.

Die konsepbegroting 2018/2019 is voorlê aan die Raad op 29 Maart 2018, waarby die gewysigde Kredietbeheer- en Skuldinvorderingsbeleid 2018 /2019 voorsiening maak vir die uitbreiding van kaartbetalingsfasiliteite.

Die kaartbetalingsfasiliteite is slegs van toepassing op die betaling van registrasie en lisensiëring van motorvoertuie en nie op die betaling van boetes nie.

Die uitbreiding van kaartbetalingsfasiliteite vir die betaling van tariewe, diensterekeninge ens. kon nie geakkommodeer word in die konsepbegroting vir 2018/2019 nie. Daar is bevind dat die kommissie wat die munisipaliteit moet afstaan te veel is en die Raad nie die koste kan dra nie.

Diensterekeninge kan deur middel van kontant,  ʼn elektroniese fondsoordrag (ETF) betaal word of te registreer op die munisipale Raad se ACB debietorder stelsel. Vir meer inligting kontak die Finansies Inkomste Departement by Tel: 028 713 8000.

Voorafbetaalde elektrisiteitsaankope is reeds beskikbaar op u selfoon of via die internet. Registreer op https://powerplus.co.za/ of www.ontecenergy.co.za om van hierdie diens gebruik te maak.

Share Button