{"id":4491,"date":"2015-10-22T04:30:06","date_gmt":"2015-10-22T02:30:06","guid":{"rendered":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/?p=4491"},"modified":"2015-10-22T05:36:26","modified_gmt":"2015-10-22T03:36:26","slug":"rolspelers-span-saam-teen-die-gevare-van-substansmisbruik","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/2015\/10\/22\/rolspelers-span-saam-teen-die-gevare-van-substansmisbruik\/","title":{"rendered":"Rolspelers span saam teen die gevare van substansmisbruik"},"content":{"rendered":"<p><strong>ONDERWYS EN DIE ALCOHOL AND DRUG CONCERN-GROEP\u00a0SPAN SAAM MET SLYPSTEEN EN SOLO\u00a0OM DIE GEVARE VAN SUBSTANSMISBRUIK AAN TE SPREEK<\/strong><\/p>\n<p>Die toenemende druk wat jongmense daagliks ondervind, is gedurende die week van 12 Oktober op \u2018n besonderse manier aangespreek toe Substansmisbruik-seminare in die Klein Karoo vanaf Ladismith tot Haarlem in samewerking met die Alcohol and Drug Concern-groep van Kaapstad aangespreek is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4493\" aria-describedby=\"caption-attachment-4493\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4493\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-1-585x417.jpg\" alt=\"Hans Oosthuizen, voorsitter van Slypsteen Development Centre en Ellen Pakkies in ligte luim tydens die funksie by die Colonial Restaurant in Oudtshoorn. Slypsteen het reeds internasionale bande met TalkUBUNTU, \u2018n Nederlandse stigting in Nederland, bande gesmee om die ontwikkeling van jongmense op internasionale vlak aan te spreek\" width=\"585\" height=\"417\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-1-585x417.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-1-290x207.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-1.jpg 1280w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4493\" class=\"wp-caption-text\">Hans Oosthuizen, voorsitter van Slypsteen Development Centre en Ellen Pakkies in ligte luim tydens die funksie by die Colonial Restaurant in Oudtshoorn. Slypsteen het reeds internasionale bande met TalkUBUNTU, \u2018n Nederlandse stigting in Nederland, bande gesmee om die ontwikkeling van jongmense op internasionale vlak aan te spreek<\/figcaption><\/figure>\n<p>Meer as 4 000 leerders van Ladismith, Calitzdorp, Oudtshoorn, Dysselsdorp, De Rust, Uniondale en Haarlem, is die geleentheid gegun om met mense wat self die pad van dwelmmisbruik, gevangenisstraf en herstel gestap het, te ontmoet.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4494\" aria-describedby=\"caption-attachment-4494\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4494\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-2-1024x276-585x158.jpg\" alt=\"Meer as 4 000 leerders vanaf Ladismith tot Haarlem het die week van 12 Oktober 2015 die skokkende dog menslike verhaal van mense wat self die stryd teen dwelms oorkom het, aangehoor. Aurial Kollege se skoolsaal was gepak met leerders van verskeie skole wat tydens een van die sessies die boodskap wat die Alcohol and Drug Concerns-Cape groep kom deel het\" width=\"585\" height=\"158\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-2-1024x276-585x158.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-2-1024x276-290x78.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-2-1024x276.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4494\" class=\"wp-caption-text\">Meer as 4 000 leerders vanaf Ladismith tot Haarlem het die week van 12 Oktober 2015 die skokkende dog menslike verhaal van mense wat self die stryd teen dwelms oorkom het, aangehoor. Aurial Kollege se skoolsaal was gepak met leerders van verskeie skole wat tydens een van die sessies die boodskap wat die Alcohol and Drug Concerns-Cape groep kom deel het<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ellen Pakkies se verhaal wat in die drama, <em>My naam is Ellen Pakkies<\/em>, tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn te sien was, het eerstehands haar lewe van toe tot nou aan die jongmense kon oordra.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4495\" aria-describedby=\"caption-attachment-4495\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4495\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-3-1024x403-585x230.jpg\" alt=\"Tom Johnson (heel links) en Desmond Maarman (vierde van regs) van Onderwys het \u2018n kardinale rol gespeel om die sukses van die seminare te verseker. Trevor Stal van SOLO Outdoor Experiences staan voor hom, terwyl Donay McGear, bestuurder van FNB op Oudtshoorn, saam met een van sy personeel ook links van die advertensiebord verskyn. Pastoor Eddie Hendricks verskyn heel regs op die foto\" width=\"585\" height=\"230\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-3-1024x403-585x230.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-3-1024x403-290x114.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-3-1024x403.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4495\" class=\"wp-caption-text\">Tom Johnson (heel links) en Desmond Maarman (vierde van regs) van Onderwys het \u2018n kardinale rol gespeel om die sukses van die seminare te verseker. Trevor Stal van SOLO Outdoor Experiences staan voor hom, terwyl Donay McGear, bestuurder van FNB op Oudtshoorn, saam met een van sy personeel ook links van die advertensiebord verskyn. Pastoor Eddie Hendricks verskyn heel regs op die foto<\/figcaption><\/figure>\n<p>Elkeen van die 7 spanlede se deernisvolle verhaal het na gesprekvoering met van die leerders na afloop van die seminare, \u2018n diep indruk op hul gelaat.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4496\" aria-describedby=\"caption-attachment-4496\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4496\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-4-1024x567-585x324.jpg\" alt=\"Trevor Stal, hooffasiliteerder van SOLO Outdoor Experiences, tydens die video-onderhoude wat eersdaags ook op talkUBUNTU-Slypsteen se internasionale platvorm te siene sal wees. Hy\u2019t die hoop uitgespreek dat die huidige strukture op plaaslike regeringsvlak ook \u2018n bydrae sal lewer om die jeug by te staan op die moeilike pad van volwassenheid\" width=\"585\" height=\"324\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-4-1024x567-585x324.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-4-1024x567-290x161.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-4-1024x567.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4496\" class=\"wp-caption-text\">Trevor Stal, hooffasiliteerder van SOLO Outdoor Experiences, tydens die video-onderhoude wat eersdaags ook op talkUBUNTU-Slypsteen se internasionale platvorm te siene sal wees. Hy\u2019t die hoop uitgespreek dat die huidige strukture op plaaslike regeringsvlak ook \u2018n bydrae sal lewer om die jeug by te staan op die moeilike pad van volwassenheid<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar word beplan om volgende jaar die projek op nog \u2018n groter skaal aan te pak.<\/p>\n<p>Tydens die onderhoude het Donay McGear, bestuurder van FNB op Oudtshoorn, sy tevredenheid met die verloop van die gebeure die afgelope week uitgespreek: \u201cEk dink dit is so nodig dat ons jongmense bewus is van die euwels wat hulle lewens kan verwoes.\u00a0 Die bewusmaking van simptome van dwelmmisbruik, kan die onderwysers help om moontlike gevalle te identifiseer. Dit was goed vir die kinders om te sien wat dwelms aan hulle organe kan doen en ook die nagevolge wat dit op hulle lewe kan h\u00ea. Ek dink die bewusmakingsveldtog is \u2018n baie goeie idee, en julle moet uitreik ook na ander skole in ons streek\u201d.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4497\" aria-describedby=\"caption-attachment-4497\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4497\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-5-800x533-585x390.jpg\" alt=\"Ellen Pakkies in diep gesprek met Chris Swanepoel (Onderwys) wat saam met Johnson en Maarman tot die sukses van die week bygedra het. By hulle is Eagan Jantjies, graad 9 leerder van M\u00f4rester Sekond\u00ear, wie se droom dit is om eendag \u2018n bankbestuurder te word\" width=\"585\" height=\"390\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-5-800x533-585x390.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-5-800x533-290x193.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-5-800x533.jpg 800w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4497\" class=\"wp-caption-text\">Ellen Pakkies in diep gesprek met Chris Swanepoel (Onderwys) wat saam met Johnson en Maarman tot die sukses van die week bygedra het. By hulle is Eagan Jantjies, graad 9 leerder van M\u00f4rester Sekond\u00ear, wie se droom dit is om eendag \u2018n bankbestuurder te word<\/figcaption><\/figure>\n<p>Intussen het Hans Oosthuizen, voorsitter van Slypsteen Development Centre wat as nie-winsgewende maatskappy uit Oudtshoorn bedryf word en ook die hoofborg van die aksie was, aangekondig dat hul wel hierdie inisiatief saam met Onderwys, die Alcohol and Drug Concern-groep en SOLO Outdoor Experiences sal voortsit.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4498\" aria-describedby=\"caption-attachment-4498\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4498\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-7-1024x575-585x328.jpg\" alt=\"\u2018n Leerder van Fezekile Sekond\u00ear deel sy verhaal met die jeug. Deur positiewe rolmodelle en leiers onder die jeug te identifiseer, sal SOLO Outdoor Experiences as portuurgroep \u2018n belangrike deel vorm om die kopswaai in baie jongmense se lewens te maak\" width=\"585\" height=\"328\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-7-1024x575-585x328.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-7-1024x575-290x163.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-7-1024x575.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4498\" class=\"wp-caption-text\">\u2018n Leerder van Fezekile Sekond\u00ear deel sy verhaal met die jeug. Deur positiewe rolmodelle en leiers onder die jeug te identifiseer, sal SOLO Outdoor Experiences as portuurgroep \u2018n belangrike deel vorm om die kopswaai in baie jongmense se lewens te maak<\/figcaption><\/figure>\n<p>Slypsteen, wat reeds \u2018n pad stap om uitdagings en ontwikkeling in die gemeenskap aan te spreek, het reeds internasionale bande met die talkUBUNTU-stigting in Nederland sodat ontwikkeling op verskeie vlakke uitgebrei kan word. Inligting ten opsigte van die week se gebeure is reeds op hul internasionale platvorm geplaas.<\/p>\n<figure id=\"attachment_4499\" aria-describedby=\"caption-attachment-4499\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4499\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-8-585x269.jpg\" alt=\"Die span van Alcohol and Drug Concerns-Cape saam met Chris Swanepoel (heel links), Tom Johnson (derde van regs) van Onderwys, met Hans Oosthuizen van Slypsteen Development Centre (heel regs). Meer as 4 000 leerders is tydens die weeklange besoek aan die Klein Karoo betrek by die substansmisbruik-strategie\" width=\"585\" height=\"269\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-8-585x269.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-8-290x133.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-8.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4499\" class=\"wp-caption-text\">Die span van Alcohol and Drug Concerns-Cape saam met Chris Swanepoel (heel links), Tom Johnson (derde van regs) van Onderwys, met Hans Oosthuizen van Slypsteen Development Centre (heel regs). Meer as 4 000 leerders is tydens die weeklange besoek aan die Klein Karoo betrek by die substansmisbruik-strategie<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cSterk bande is die afgelope week gesmee,\u201d het hy by navraag verklaar. \u201cMet SOLO as \u2018n groep jongmense wat reeds oor die ervaring van die aanbieding van substansmisbruik- en positiewe rolmodelwerkswinkel beskik, kan hulle as portuurgroep makliker die vrese, frustrasies en drome van ons jongmense aanspreek. Saam met Eddie en sy span en die betrokkenheid van ons eie gemeenskappe kan ons saam met Onderwys \u2018n verskil in ons almal se lewe maak.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_4504\" aria-describedby=\"caption-attachment-4504\" style=\"width: 585px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img decoding=\"async\" class=\"size-large wp-image-4504\" src=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-6-585x409.jpg\" alt=\"Allen Rhebock deel sy verhaal met die jeug. As dwelmhandelaar het hy meer as 21 jaar tesame in die gevangenis deurgebring en in die proses ook sy seuntjie op 6-jarige ouderdom deur dwelmverwante probleme verloor\" width=\"585\" height=\"409\" srcset=\"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-6-585x409.jpg 585w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-6-290x203.jpg 290w, http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2015\/10\/FOTO-6.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 585px) 100vw, 585px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-4504\" class=\"wp-caption-text\">Allen Rhebock deel sy verhaal met die jeug. As dwelmhandelaar het hy meer as 21 jaar tesame in die gevangenis deurgebring en in die proses ook sy seuntjie op 6-jarige ouderdom deur dwelmverwante probleme verloor<\/figcaption><\/figure>\n<p>Volgens Pastoor Eddie Hendricks het die gesindheid en erns van die jongmense en leerders hom ook aangegryp. \u201cOns beplan om saam met die jong SOLOspan en Slypsteen \u2018n werklike verskil in ons land se toekoms te bring,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cTe lank het ons jongmense uit frustrasie ons vergryp aan die verkeerde dinge in die lewe,\u201d het Trevor Stal, hooffasiliteerder van SOLO, tydens die video-onderhoude genoem: \u201cWaar is ons rolmodelle en die mense wat so praat van jeugontwikkeling? Ons moet self in ons eie toekoms ingryp deur positiewe rolmodelle daar te stel wat ons kan navolg.\u201d<\/p>\n<p>Hy\u2019t ook die vertroue uitgespreek dat die Eden Distriksmunisipaliteit ook tafel toe sal kom om te deel in die ontwikkeling van die opkomende geslag in die streek.<\/p>\n<p>Hy\u2019t ook verwys na hul embleem wat die witkruisarend is wat in die Kangovallei voorkom vanwaar hulle oor baie jare reeds vanaf De Hoek Bergoord \u2018n verskil in duisende jongmense se lewens gemaak het. \u201cDie witkruisarend dra ook \u2018n kruis soos ons almal. Maar as die stormwind waai, vlieg ons hoog. As jong arende kan ons ons vlerke sprei om die boodskap van bevryding van sosiale probleme, armoede en dwelmmisbruik, saam met ander belanghebbendes selfs buite die grense van ons land te dra,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Vir Ellen Pakkies, die vrou wat deur diep waters gegaan het en geen bekendstelling nodig het nie, was die week \u2018n belewenis: \u201cSaam met die wat met ons wil stap, gaan ons \u2018n verskil maak,\u201d was haar afskeidswoorde. \u201cDis ons plig om ons jonger geslag op die pad te help verby die hindernisse wat ons lewens amper verwoes het. Ons is dankbaar vir die geleentheid om so baie jongmense die week me kontak te maak.\u201d<\/p>\n<p><strong><em>Werk insette van ander rolspelers by:<\/em><\/strong><em> Bedank alle rolspelers wat bydraes gemaak het om hierdie week so suksesvol te laat verloop; Queens Hotel, Die Oude Meul, Oudtshoorn Grassnyer, Piet Otto en skole se vrywillige bydraes.<\/em><\/p>\n<p>Persone of instansies wat graag deel wil word van hierdie inisiatief, kan vir Hans Oosthuizen by <a href=\"mailto:info@slypsteen.co.za\">info@slypsteen.co.za<\/a> of by 082 8555 851 kontak.<\/p>\n<div style=\"padding-bottom:20px; padding-top:10px;\" class=\"hupso-share-buttons\"><!-- Hupso Share Buttons - https:\/\/www.hupso.com\/share\/ --><a class=\"hupso_toolbar\" href=\"https:\/\/www.hupso.com\/share\/\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/static.hupso.com\/share\/buttons\/share.png\" style=\"border:0px; padding-top: 5px; float:left;\" alt=\"Share Button\"\/><\/a><script type=\"text\/javascript\">var hupso_services_t=new Array(\"Twitter\",\"Facebook\",\"Google Plus\",\"Linkedin\");var hupso_background_t=\"#EAF4FF\";var hupso_border_t=\"#66CCFF\";var hupso_toolbar_size_t=\"big\";var hupso_image_folder_url = \"\";var hupso_url_t=\"\";var hupso_title_t=\"Rolspelers%20span%20saam%20teen%20die%20gevare%20van%20substansmisbruik\";<\/script><script type=\"text\/javascript\" src=\"http:\/\/static.hupso.com\/share\/js\/share_toolbar.js\"><\/script><!-- Hupso Share Buttons --><\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>ONDERWYS EN DIE ALCOHOL AND DRUG CONCERN-GROEP\u00a0SPAN SAAM MET SLYPSTEEN EN SOLO\u00a0OM DIE GEVARE VAN SUBSTANSMISBRUIK AAN TE SPREEK Die toenemende druk wat jongmense daagliks ondervind, is gedurende die week van 12 Oktober op \u2018n besonderse manier aangespreek toe Substansmisbruik-seminare in die Klein Karoo vanaf Ladismith tot Haarlem in samewerking met die Alcohol and Drug [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"ngg_post_thumbnail":0,"footnotes":""},"categories":[4],"tags":[76,80],"class_list":["post-4491","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-latest-news","tag-schools","tag-substance-abuse"],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4491","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=4491"}],"version-history":[{"count":5,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4491\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":4505,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/4491\/revisions\/4505"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=4491"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=4491"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/thegremlin.co.za\/oudtshoorn-news\/wordpress\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=4491"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}