Munisipaliteit ontvang ‘n donasie van R500 000 vanaf ASLA vir Rose Valley biblioteekprojek

Oudtshoorn, 21 Augustus 2019 – Colan Sylvester, Uitvoerende Burgemeester van Oudtshoorn, en Thomas Matthee, Direkteur Gemeenskapsdienste, het op Vrydag, 16 Augustus 2019, ‘n simboliese tjek van R500 000 ontvang vanaf Asla vir die Rosevalley biblioteekprojek.

“Die biblioteekprojek verloop redelik goed en die tender gaan binnekort geplaas word. Vanaf Mei 2019 tot nou is die planne voltooi en ook met die finansiële bydra deur Asla, as deel van hulle sosiale verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap van Oudtshoorn, kan ons net ons ‘n dankbaarheid uitspreek vir hul vrygewigheid” het die uitvoerende burgemeester gesê.

Daar word voorsien dat die nuut aangestelde 6 GB-gegradueerde kontrakteur ‘n perseelaanleg teen November 2019 met ‘n einddatum van Junie 2020 sal doen.

Foto: Deidre Claassen: Biblioteek bestuurder, Colan Sylvester: Uitvoerende burgemeester, Pierre Blaauw: Asla, Thomas Matthee: Direkteur Gemeenskapsdienste, Raadslid Hendrik Luiters: Voorsitter Gemeenskapsdienste.

Share Button