Brand by Groot Kop Stortingsterrein

Oudtshoorn, 11 Januarie 2019 ‘n Brand het ontstaan by die Groot Kop Stortingsterrein om ongeveer 14h30.

Tydens die ontstaan van die brand was ‘n diensverskaffer aanwesig op die terrein met roetine instandhouding en rehabilitasie van die terrein, maar moes noodgedwonge die nodige werke vir die dag staak.

Daar word bo redelike twyfel vermoed die brand was ontstaan deur onwettige persone wat op die stortingsterrein bly. Die brandweer het ondersoek gaan instel en kan ongelukkig nie die vuur blus nie, synde die vuur sporadies voorkom op die terrein. Gelukkig woed daar tans ‘n suid-ooste wind en die impak van die vuur is minimaal op die aangrensende gemeenskap.

Ons is tans besig om die vuur te monitor en sal daadwerklik die nodige ondersoeke loods.

Share Button