Ryan Mphahlele in aksie by BestMed Straatmylreeks

Een van Suid-Afrika se opwindendste atlete, Ryan Mphahlele, het aangedui dat hy tydens die BestMed Eden Straatmylreeks later vandeesmaand in die Suid-Kaap en Klein Karoo in aksie sal wees.

Met van die die land se beste straatmylatlete naamlik  Jerry Motsau en Amos Nyonga wat saam gaan wegspring, is daar verseker ‘n sub-vierminute myl op die kaarte. 

Ryan Mphahlele

In die vrouewedlope kan ook vuurwerke verwag word met Nolene Conrad, Farida Zwane, Cara du Preez en Elne Conradie wat mekaar die stryd aansê.

Prysgeld van R100 000 is op die spel en die opwinding is besig om op te laai met al meer groot name wat hier wil kom deelneem. Verskeie  inskrywings van die top atlete en –fietsryers is ook al ontvang en die reeks beloof om besonders opwindend te wees. 

BESTMED, een van Suid-Afrika se toonaangewende mediese hulpskemas, tree weer vanjaar as die anker- en naamborg vir dié gewilde vakansiereeks, Suid-Afrika se enigste straatmylreeks, op.

Die fietsry-kermesse by die Nelson Mandela Universiteit (NMU) George-kampus, wat verlede jaar in die slag gebly het as gevolg van swak weer, is terug op vanjaar se program. 

Farida Zwane

Vanjaar word ook die bergfiets [MTB Eliminator] en voetslaanstaptogte [hiking] op die NMU-program aangebied. Dit word  onder die beskerming van die KKAF(Klein Karoo Atletiekfederasie)  en in vennootskap met ASWD (Atletiek Suid-Westelike Distrikte), Eden Fietsry, NMU, Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport, KOVSIES en die ATKV aangebied. Hierdie vennootskap ondersteun die visie van ‘n gesonde leefstyl, Diè borgskap is dus tot voordeel van sport en gesondheid in die Eden distrik.

BESTMED bied ook verskeie aktiveringsprogramme op van die Suid-Kaapse strande aan: 15 Desember op Oubaai en 20 Desember op Hartenbos. Dit gaan gepaard met baie pre ten heelwat geskenke.

 Die eerste been van die reeks vind op 17 Desember in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn plaas en staan bekend as die BESTMED KLEIN KAROO STRAATMYL. Die tweede been is op Woensdag 19 Desember  op die  NMU George kampus [Saasveld] en staan bekend as die BESTMED MADIBAZ  STRAATMYL. Die derde been is op Vrydag 21 Desember by die ATKV-terrein op Hartenbos en staan bekend as die BESTMED-ATKV STRAATMYL.

Die Vrystaatse Universiteit [Kovsies] borg weer die Grand Prix deel van die reeks.  Die mans- en damesatleet wat die meeste punte oor die drie bene insamel, kan met die groot prys wegstap. Soos in die verlede, poog die organiseerders om die top myl- en 1 500m-atlete in Suid-Afrika hierheen te lok.  ‘n Spesiale poging word aangewend om alle universiteitklubs ook te nooi. 

Die afgelope vier jaar is nie minder as ses droommyle [sub 4 minute] in die reeks gehardloop nie –  Johan Cronje [3:52.60], Dumisane Hlaselo [3:55,71], Elroy Gelant [3:56,74], Nyongo Amos [3:55,60 & 3:52,99] en Jerry Motsau [3:59,81].   Die myl-snelren op Oudtshoorn gaan beslis van die land se top fietryers lok en daar word onderhandel om die BESTMED-span hier te kry. 

Die Atletiekstraatmyle word in die volgende kategorië aangebied: Sub-Juniors [9-13 jr], Juniors [14-19 jr], Elite/Ope [20-39 jr] and 40+ [40+ jr ).met kompetsie.  Daar is ook vanjaar weer pryse vir die eerste EDEN (SWD)-atlete oor die wenstreep. Die Fietsry Mylren [Oudtshoorn] asook die kermesse [NMU] se kategorië is Sub-Juniors [0/9, 0/11 & 0/13]; Juniors [0/15 & 0/17]; Elite [0/19, 0/23, Vet -34] en Veterane [35- 49, Vet 50+].

Van die top atlete en fietsryers wat reeds aangedui het dat hulle belangstel, is Nolene Conrad, Cara du Preez, Ashley Smith, Ryan Mphahlele, Farida Zwane, Amos Nyonga, Jerry Motsau, DuWayne Philander, Dullen Solomons, Sibusiso Magwaza en Elana Meyer se EDUROCAD (hulle bring 20 atlete), Kovsies, Maties, UWC, NWU [Pukke] om maar ‘n paar te noem.

Volgens Corne Bence, voorsitter van Eden Fietsry, het die volgende top fietsryers reeds belangstelling getoon: Protea-ryers Yolande de Villiers, Benino Hans,  Anriette Schoeman,  Louis Visser [Didata], Marcal Hendricks, Ivan Carstens en Theuns van der Bank.  Die Giantspan,  C4D span van dr Jacques van Staden enTeam Aplha Body Works het reeds bevestig en die ontwikkelingspan van BESTMED is ook op die kaarte.

Van SWD se top atlete insluitend Lloyd Bosman, Godwin Heyns en Tonya Schoeman, gaan ook in aksie wees.

Om meer vir die vakansiebesoekers aan die Tuinroete en Klein Karoo te bied, word saam met die NMU straatmyl  ‘n bergfiets [MTB Eliminator] asook ‘n voetslaan-staptog [hiking] aangebied.  Ook diè inskrywings kan op www.edenmiles.co.za gedoen word.

Sonder borge van formaat kan so ‘n reeks beslis nie aangebied word nie. Aanvullend tot die borge reeds genoem, is EdenFM [radio-vennootborg], Group Editors [Media-vennootborg], Oudtshoorn FORD [voertuigborg], Klein Karoo Internasionaal [borg] ook aan boord.

Die inskrywings word aanlyn gedoen  – besoek gerus www.edenmiles.co.za . Alle reëlings rondom die byeenkomste en akkommodasie kan ook op dié webtuiste gevind word.  Vir enige navrae kontak asseblief die organiseerders deur www.edenmiles.co.za  of skakel Hans van der Veen by 083-4620477 of Dave van der Walt by 082-7734901.

ONDERSKRIF: Die bekendstelling van Suid-Afrika se enigste straatmyl-reeks aan die media is onlangs by Na-Donker Koswerf op Hartenbos gehou. Van die rolspelers teenwoordig was:  (voor):  Wicus Kotze (Bestmed) en Karen Phipson (ATKV Hartenbos). Agter staan:  Hans van der Veen [voorsitter KKAF], Dirk Kotze (Mosselbaai onderburgemeester) en Dave van der Walt [KKAF]. (FOTO: Denise Lloyd)

Share Button
,