Begrafplaas vandalisme moet in die kiem gesmoor word

Oudtshoorn, 30 Mei 2018 – Oudtshoorn munisipaliteit doen ‘n beroep op alle inwoners om die munisipaliteit se oë en ore te wees. Dit het onder sy aandag gekom dat die Oudtshoorn begrafplaas onder vandalisme deurloop.

Dit is kommerwekkend dat daar in die laaste paar dae meer as 10 grafstene beskadig was.  Daar word vermoed dat die skuldiges dit doelbewus doen en die munisipaliteit wil graag die werke van hierdie boosdoeners so gou moontlik in die kiem smoor.

“Op hierdie oomblik probeer ons die onmiddelike naasbestaandes opspoor deur ons rekords na te gaan en hulle in te lig oor hierdie misdryf.  Ons weet dit is baie hartverskeurend maar ons vra u om u geliefdes se graftes te besoek om seker te maak of daar enige skade aangebring is.”

“Ons doen ‘n beroep op die publiek wat dalk inligting hieroor het om dit te rapporteer by ons kantore op 044 203 3900 of valencia@oudtmun.gov.za.”

Uitgereik deur Oudtshoorn Munisipaliteit Media & Kommunikasie Dienste op Woensdag, Mei 30, 2018.

Share Button