Nuwe klug open by KKNK – “MY VROU SE MAN SE MANNETJIE!”

MY VROU SE MAN SE MANNETJIE open by vanjaar se KKNK

29 Maart tot 4 April 2018

Weermagsaal – Oudtshoorn

Donderdag, 29 Maart (19:00); Vrydag, 30 Maart (10:00)

Saterdag, 31 Maart (20:00); Sondag, 1 April (10:00)

Maandag, 2 April (15:00); Dinsdag, 3 April (20:00)

Woensdag, 4 April (17:00)

Bespreek nou by Computicket 0861 915 8000

Lefra Produksies doen dit weer – vanjaar se splinternuwe klug is … wag vir dit … MY VROU SE MAN SE MANNETJIE en ons open die klug by vanjaar se KKNK in Oudsthoorn. MANNETJIE speel elke dag by die Weermagsaal van 29 Maart tot 4 April 2018. Frans Swart, regisseur sê dat dit elke jaar nogal ‘n uitdaging is om op die vorige jaar se klug te verbeter. “Ek dink egter vanjaar se MY VROU SE MAN SE MANNETJIE is skreeusnaaks en ook splinternuut. Dit het nogal ‘n lekker storielyn en ek glo dat heelwat paartjies hulself met die situasies sal kan vereenselwig. Sommer ook so in die proses vir jouself kan lag. Ek sê dit elke jaar, maar sê dit maar weer – elke Lefra-klug is splinternuut en nie ‘n opvolg op enige van die vorige klugte nie. Elke klug is totaal uniek en nuut.”

Isak (Cobus Venter) en Linda (Edrien Erasmus) se huwelik is op die bekende 17 jaar-jeuk. Linda voel dat sy meer uit die lewe wil hê … veral meer opwinding. Isak aan anderkant is heel gelukkig met sy saai lewe – hy het ‘n suksesvolle kunsblommebesigheid en sy hele bestaan word deur die besigheid oorgeneem. Linda voel egter dis tyd om te skei en arme Isak is in die donkterte dieptes. Voeg egter daarby ‘n seniele oupa Arnoldus (meesterlik vertolk deur Paul Luckhoff), inmengerige bure, Herman (Johan Joubert) en Bettie (Tessa Denton) en ‘n sestienjarige jeukerige seun, Chris (Rowlen von Gericke) en jy het ‘n totale resep vir chaotiese lekkerlag!

Wen Kaartjies vir MY VROU SE MAN SE MANNETJIE

Vyf gelukkige Lefra-nuusbrieflede kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen om MY VROU SE MAN SE MANNETJIE by vanjaar se KKNK te gaan sien. Al wat jy hoef te doen, is om hierdie epos aan meer as 20 of aan jou hele adresboek te epos. CC ons net in dieselfde epos by wen@lefra.com Wenners sal per epos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal. Terme en voorwaardes geld

Share Button