Boplaas wins 2 Double Golds and 9 Golds at Top SA Awards

Boplaas Family Vineyards in Calitzdorp excelled in the two biggest wine competitions in South Africa, Veritas and Michelangelo, by winning two double gold and nine gold medals here.

Rozanne Nel Marketing Manager Veritas 2017

A Veritas 2017 double gold was awarded to the Boplaas Heritage Muscadel 2014. This prestigious, gold-coloured dessert wine was made from full-ripe Muscadel grapes, handpicked early in the morning from a 33-year-old vineyard.

A Michelangelo 2017 double gold was awarded to the Boplaas Gamka 2015, a red blend of Touriga Nacional, Tinta Barocca, Touriga Francesa and Shiraz. This outstanding wine recently scored 91/100 in a judging by Tim Atkin, the leading British Master of Wine.

Three Veritas golds were awarded to the Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 and 2013 (both SA Champion Ports at the SA Young Wine Show) and the Boplaas Cape Tawny (4½ stars in Platter’s and Best SA Port at the CAPPA Challenge).

Six gold medals were awarded to Boplaas at the Michelangelo International Wine & Spirit Awards. Margaux Nel, Boplaas winemaker, is very proud of the gold medal for the Boplaas Touriga Nacional 2015 red wine, having done her MSc in Viticulture on the subject of this Portuguese cultivar at the University of Stellenbosch.

With a distilling history going back to 1880 when Daniel Nel, great-great-grandfather of owner Carel Nel, exported brandy to London, Boplaas is also very proud of the gold medal for the Boplaas 20 Year Potstill Brandy (also a Platter’s 5-star recipient) and the Boplaas Craft Gin.

In addition, Boplaas won a Michelangelo gold medal for the Boplaas Cape Vintage Reserve 2014.  Made in a more elegant style, this port has the potential to age for more than 20 years. The other two golds were for the Boplaas Vintage Reserve Port 2013 and the world-class Boplaas Cape Tawny. The latter wine was made from Touriga Nacional and Tinta Barocca and aged for 10 years in old Portuguese oak barrels.

Boplaas wines and spirits are available nationwide only at selected outlets due to their limited production volumes. They can also be ordered through the Boplaas website, www.boplaas.co.za, which provides more information about the Boplaas ranges of fine natural wines, fortified wines and brandy.

Boplaas can be contacted on 044 213 3326 or email: info@boplaas.co.za. Boplaas is on Twitter @Boplaas1880 and Instagram @Boplaaswines.


BOPLAAS: 2 DUBBELGOUD EN 9 GOUD BY TOP SA KOMPETISIES

Boplaas Familiewingerde in Calitzdorp het uitgeblink by Suid-Afrika se twee grootste wynkompetisies, naamlik Veritas en Michelangelo, deur altesaam twee dubbelgoue en nege goue medaljes hier los te slaan.

ʼn Veritas Toekennings 2017 dubbelgoud is gewen vir die Boplaas Heritage Muscadel 2014. Dié prestigeryke, goudkleurige dessertwyn is gemaak van handgeplukte, sonryp Muskadel-druiwe van ʼn 33 jaar-oue wingerd.

ʼn Michelangelo 2017 dubbelgoud is toegeken vir die Boplaas Gamka 2015, ʼn rooi versnit van Touriga Nacional, Tinta Barocca, Touriga Francesa en Shiraz. Hierdie wêreldklas wyn het onlangs ʼn uitnemende 91/100 puntetoekenning gekry by ʼn beoordeling deur Tim Atkin, die vooraanstaande Britse Wynmeester.

Drie Veritas goue medaljes is verower deur Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2015 en 2013 (beide SA Kampioene by die SA Jongwynskou) en die Boplaas Cape Tawny (4½ sterre in Platter’s en Beste SA Port by die CAPPA Challenge).

Boplaas het ook ses goue medaljes gewen by die Michelangelo International Wine & Spirit Awards.  Margaux Nel, Boplaas-wynmaker,  is veral trots op die Boplaas Touriga Nacional 2015, aangesien hierdie Portugese kultivar die onderwerp van haar MSc-tesis in wingerdkunde aan die Universiteit van Stellenbosch was.

Met ʼn geskiedenis van distillering wat terug dateer tot 1880 – toe Daniël Nel, agter-agter-oupagrootjie van huidige eienaar Carel Nel, brandewyn uitgevoer het na Londen – is Boplaas veral trots op sy 20 Jaar Potketel Brandewyn (ook ʼn Platter’s 5 ster ontvanger) en die Boplaas Craft Gin, wat elk ʼn goue medalje by Michelangelo verower het.

Boplaas het ook ʼn Michelangelo goud ingepalm vir die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2014, gemaak in ʼn meer elegante styl en met ʼn verouderingspotensiaal van meer as 20 jaar. Die ander twee goue Michelangelo-medaljes is verower vir die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2013 en Boplaas Cape Tawny. Die laasgenoemde is gemaak van Touriga Nacional en Tinta Barocca en vir tien jaar in ou Portugese eikehoutvate verouder.

Boplaas se wyne is landwyd net by uitgesoekte winkels verkrygbaar weens hul beperkte jaarlikse produksie. Hulle kan egter deur die Boplaas-webwerf, www.boplaas.co.za, bestel word, waar daar meer inligting oor die volledige Boplaas-reekse van natuurlike wyn, gefortifiseerde wyn en brandewyn is.

Kontak Boplaas by +27 (0)44 213 3326 of epos: info@boplaas.co.za. Boplaas is ook op Twitter @Boplaas1880 en Instagram @Boplaaswines.

Share Button