banner ad

Tienerswangerskap Ekspo – Bridgton Senior Sekondêr

Uit ‘n gesprek tydens ‘n ouervergadering by Bridgton Senior Sekondêr het die behoefte navore gekom om met die tieners oor Tienerswangerskappe en alles wat daarmee verband hou, te kommunikeer.  Die ouers het hulle onvermoë uitgespreek om eerlik en openlik met hulle kinders te gesels. 

Onder leiding van die prinsipaal, mnr Albie Ellman, Gerda Swart, maatskaplike werker en Beryl Ellis van Kring 5, is ‘n EKSPO vir 1700 leerders van Bridgton Senior Sekondêr en Aurial Kollege aangebied. 

Deelnemers aan die program het die SAPD (Dwelms en Alkohol), FAMSA (HIV Vigs en Aborsie), CANSA (Servikale en Testikulêre kanker), die Klein Karoo Skool  – (Voorbehoedmiddels en seksueel oordraagbare siektes) en die Departement Maatskaplike Ontwikkeling (Positiewe Vryetydsbesteding) ingesluit. 

Baie positiewe terugvoer is vanaf die leerders reeds ontvang. 

Volgens mnr Desmond Maarman, Kringspanbestuurder van Kring 5, is opvoeders deeglik bewus dat die maatskaplike probleme waarmee ons leerders daagliks te doen kry al meer inbreuk maak op hul skolastiese vordering. Daarom

is sulke inisiatiewe uiters noodsaaklik vir die totale ontwikkleing van die leerders. 

Die maatskaplike werkster van die kring, Gerda Swart, word geloof vir die inisiatief wat sy geneem het om hierdie ekspo te organiseer en die vennootskappe wat sy gesmee het met al die susterdepartemente en die NGO’sDie samewerking tussen die verskillende rolspelers is prysenswaardig.

Hierdie ekspo was die eerste van sy soort in ons distrik en die gedagte is om dit verder uit te brei in ons streek.

Popularity: 87% [?]

Filed Under: Schools, Colleges & Universities

Tags:

About the Author:

RSSComments (0)

Trackback URL

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.