Kom Groet die Grotman

Ons het sommer baie goeie nuus vir Suid-Afrika. GROET DIE GROTMAN 2 betree die verhoog in Suid-Afrika reeds vroeg in 2019.

Lefra se wegholsuksesproduksie, GROET DIE GROTMAN, het vir langer as 10 jaar gespeel met meer as 1 000 vertonings regoor die land.

Dit hou steeds die rekord vir die produksie wat die langste in Suid-Afrika gespeel het.

GROET DIE GROTMAN 2 speel in Mosselbaai op 9 Maart om 19:00 in die Mosselbaai Stadsaal. Besprekings kan gedoen word by (044) 691-1039 of by info@acvv.org.za

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir Whats App, Eposse, I Fone, Facebook en Twitter. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus. Lefra kondig met trots aan dat Wynand (Karate Kallie) van Vollenstee die rol van GROTMAN 2 gaan speel. Wynand is ‘n bekende in die komiese teater en hy word deesdae ook gesien in Willie Esterhuizen se baie suksesvolle OUBOET EN WORS as Gielie. Frans Swart het die teks geskryf en hanteer ook die regie.

Vrouens … julle gaan julle mans herken in GROTMAN 2 en jy kan gerus maar jou man in die ribbes pomp. Meneer, jy gaan beslis jou Vrou in GROTMAN 2 herken … so wys maar gerus die wysvinger vir Mevrou … net nie die middelvinger nie. Saam gaan mans en vrouens weer heerlik lag en sommer gratis terapie ontvang vir die huwelik. Kom kyk GROET DIE GROTMAN 2!

Share Button