Mosselbaai Kersmark

Die 14de Mosselbaai Kersmark vind hierdie jaar plaas van 17-19 Desember in die Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai. Elke dag oop van 08:00-18:00.

Hierdie gewilde mark is soos elke jaar ‘n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte soos o.a. naald-, hout-, krale- en leerwerk, juwele en klere, kinderspeelgoed, koekies en beskuit, gebak en lekkers, skulpwerk, vetplante en vele meer; teen bekostigbare pryse en wat nie in winkels te koop is nie.

Heerlike eet- en drinkgoed o.a. vetkoek, boereworsrolle, ontbytrolletjies, pasteie en quiches, basaarpoeding, pannekoek, koeksisters ens. asook middagetes: bobotie en rys, potjiekos en hoender wraps sal verkoop word.

Hierdie is ‘n heerlike Plattelandse VAKANSIE-ERVARING by die SEE ! Bring die familie en vriende en geniet dit saam; terwyl u Kers-inkopies doen!

Vir stalletjie-besprekings of inligting : Kontak CECILE by 082 2243 865

Share Button