Curro Mosselbaai Koorfees

Curro Mosselbaai bied hul eerste KOORFEES aan!

1Die geleentheid vind plaas op Donderdag, 14 April om 19h00 in die Curro Mosselbaai Skoolsaal, Seemeeustraat, Heiderand.

* Kom ontspan en geniet ‘n aand van pragtige Musiek en Koorsang *

Deelnemende skole is Laerskool Park, Laerskool Hartenbos, Laerskool Vorentoe, Curro, uitnemende Suidkaap Kinderkoor en die bekende Sotto Voce Volwasse Sanggroep.

Toegang : R30 (volwassenes) R10 (kinders) Deelnemers (gratis)

Heerlike Pannekoek, Koffie, Tee en Koeldrank sal vooraf te koop wees (geen pouse).

Snoepie vir die deelnemers beskikbaar deur die loop van die funksie.

*Sit ‘n huppel in jou stap en ‘n lied in jou hart *

KOM ONDERSTEUN DIE KOORFEES !!

Verdere inligting: Kontak Natasja / Skoolkantoor by 044-6933488

Share Button
,